Wenpare beklink 2021-toer na Portugal
Gholf
Die Windhoek Lager Internasionale Parespel gholfreeks het reeds wonderlike sukses sedert sy debuutseisoen in 2016 beleef.
Die eenvoud van die kompetisieformaat en vir deelnemende lande om kwalifiserende toernooie te hou om sy topkombinasies te bepaal, was deel van die suksesresep van die Namibiese Brouerye se skouspel.
Namibië se nasionale eindronde vir 2020 is laas Vrydag by die Omeya-baan en Saterdag by die Windhoek Buiteklub afgehandel.
Altesame 43 pare (mans en vroue) van oor die land het oor die twee dae meegeding om een van die mees gesogte pryse wat tans in amateurgholf bestaan.
Die nasionale wenpaar vir mans en vroue sal die land in Oktober 2021 by die wêreldfinaal in Portugal verteenwoordig, met Windhoek Lager wat alle koste dek.
Deelnemende spelers is bederf met 'n wêreldklas gholf-ervaring te danke aan die reëlings van mnr. Hugh Mortimer (African Sport Management Namibia, ASM).
Met soveel om voor te speel, is die reëls streng toegepas. Alle spelers het gespeel met hul laagste voorgee van die afgelope 12 maande en hierdie voorgeetelling is met 'n verdere 25% besnoei.
Verteenwoordigers van die gholfklubs Omeya en Windhoek Buiteklub het namens alle deelnemende spanne en die breër gholfgemeenskap hul waardering uitgespreek teenoor Windhoek Lager en in besonder mnr. Ian Stevenson vir die wonderlike borgskap en die maatskappy se bydrae tot amateurgholf in Namibië.
Die voorste uitslae was (tellings vir dag 1 en 2 en totaal):
Mans
1 Edwin Kutara en Lebeus Kangandjela, 44 + 41 = 85
2 Riaan Schwartz en Leonard Beukes, 47 + 35 = 82
3 Gustav Fransman en Andrew Dodds, 39 + 41 = 80
Vroue
1 Brenda Lens en Zandra Kruger, 44 + 35 = 79
2 Lydia Lumley en Jane Liebenberg, 38 + 35 = 73
• Die 2021-reeks se kwalifiserende toernooi sal op 1 Maart begin en op 31 Julie afgesluit word. Hierdie wenpare sal by die 2020-kampioene aansluit vir die toer na Portugal in Oktober volgende jaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie