Wenpunte vir Drikus, Irene
Bergfietsry
Die nasionale fietsryer Drikus Coetzee was laas naweek die wenner van die derde byeenkoms in die Hollard Gravel & Dirt bergfietsreeks toe hy die Otjiwa Eagle Ride naby Otjiwarongo beklink het.
Die elite mansresies is oor 80 kilometer gehou, met Coetzee wat 'n sterk veld ryers geklop het om in twee ure 20 minute 58 sekondes eerste oor die eindstreep te ry.
Op 'n relatiewe plat, vinnige roete is 'n haastige tempo van die begin af gehandhaaf.
In 'n hewige jaagtog vir die tweede posisie, sowat twee minute later, het Nicolaas Swart (2:22:47), 'n skoolseun van Pro-Ed Akademie op Swakopmund, met een sekonde voor die gedugte Xavier Papo (derde), die junior Joshua Scherer en die subveteraan Ingram Cuff klaargemaak.
Die veterane Fanie Steenkamp en Clinton Hilfiker asook die elite-ryer André de Klerk was minder as drie sekondes ná die agterwiel van die voorste groepie.
Coetzee het agterna aan die nuusagentskap Nampa gesê hy het van die voorste peloton weggebreek en 'n gaping geskep wat veilig was om sy oorwinning te verseker.
“Ek het die eerste twee byeenkomste in die reeks misgeloop vanweë ander verpligtinge (die Statebondspele in Australië en die Toer van Limpopo, waar hy in die toptien klaargemaak het) en daarom was ek vasberade om met my eerste deelname soveel as moontlik punte in te samel.”
Volgens Coetzee is dit steeds enigiemand se resies om aan die einde van die Gravel & Dirt-reeks se agt byeenkomste as die wenner na vore te tree.
“Ek het geweet daar is sterk uitdagers vir die Otjiwa-titel wat ek verlede jaar ook gewen het. Die resies het haastig begin, maar ek kon op die regte oomblik wegbreek en het nooit teruggekyk nie, want ek weet die plat roete pas in my kraal.”
In die vroueresies het Irene Steyn die 80 km afstand elf minute voor Michelle Döman voltooi vir 'n wentyd van 2:43:33. Derde was Janine de Klerk in 3:00:46.
Nagenoeg 360 ryers het op Otjiwa aangetree, waar 'n korter afstand van 40 kilometer ook aangebied was.
Ander kategoriewenners in die hoofafstand van 80 km was:
80 km subveteraan mans: 1 Ingram Cuff (2:22:48), 2 Cobus Smit (2:26:17), 3 Christiaan Bean (2:35:59).
80 km subveteraan vroue: 1 Jeanne Heunis (2:49:02), 2 Silke Bean (2:55:23), 3 Rosi Hennes (2:55:24).
80 km veteraan mans: 1 Fanie Steenkamp (2:22:49), 2 Clinton Hilfiker (2:22:50), 3 Nick du Plessis (2:33:04).
80 km veteraan vroue: 1 Anneke Steenkamp (2:53:14), 2 Wilmien Chamberlain (3:03:51), 3 Michaela Ham (3:03:52).
80 km meesters mans: 1 Gerhard Mans senior (2:41:43), 2 Sakkie Schreuder (2:41:43), 3 Otto Zapke (2:42:35).
80 km meesters vroue: 1 Barbara Ackermann (3:00:03), 2 Karin Brockmann (3:21:49), 3 Berrit Graf (3:25:31).
80 km Rhino mans (90 kg plus): 1 Volker Engling (2:42:34), 2 Eneill Buitendag (2:56:34), 3 André van Staden (2:56:42).
80 km grootmeesters mans: 1 Hercules Viljoen (2:55:59), 2 Jens Adam (3:06:25), 3 Danie Small (3:44:50).
Die vierde resies in die reeks word op 23 Junie aangebied, naamlik die Africa Safari Lodge MTB naby Mariental.
Afgesien van Hollard as die reeks se hoofborg maak Kia Motors, Windhoek Light, Food Lovers Market en Cymot ook die byeenkomste moontlik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie