Wenpunte vir Xavier en Michelle in X-Ride
Wenpunte vir Xavier en Michelle in X-Ride

Wenpunte vir Xavier en Michelle in X-Ride

Die twee lang afstande was vir deelnemers 'n behoorlike uitdaging.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



'n Stewige getal van meer as 170 ryers het laas naweek die besondere uitdaging aanvaar wat met die 2018 MTB X-Ride gepaard gaan.

Benewens die volle afstand van 109 kilometer op 'n bergfiets kon ryers ook vir die ietwat korter 76 km kategorie inskryf.

Xavier Papo het die 109 km mans­resies dié keer met meer gemak gewen as toe hy die vorige naweek die West Coast MTB by die kus met 'n naelresies eindstreep toe teen 'n hardnekkige Ingram Cuff en Fanie Steenkamp moes beklink.

Die X-Ride en die West Coast MTB was die eerste twee byeenkomste in die Gravel & Dirt-reeks wat deur Hollard Namibia geborg word.

In die vroueresies het Michelle Döman die wenpunte ingesamel, nadat Irene Steyn die vorige naweek by die kus gewen het.

Van die beginstreep aan die bopunt van Kupferbergpas het die ryers hulle pad gevind om by die Oanoboord naby Rehoboth te gaan klaarmaak – hoewel vir die deelnemers in die langste afstand ook eers nog 'n draai van 33 km rondom die dam voorgelê het.

Selfs die mees gesoute bergfietsryers het die roete as 'n ware uitdaging ondervind. Twee mansryers wat geval het, het darem nie ernstige beserings opgedoen nie.

'n Ete vir alle ryers by die eindpunt, asook gratis masserings, het gehelp om alles die moeite werd te maak. Die organiseerders het goeie terugvoering van deelnemers gekry en is ook in hul skik met die groei wat die byeenkoms beleef het.

Food Lovers Market en Windhoek Light was saam met Hollard medeborge van die X-Ride.

Die volgende uitdaging in die Gravel & Dirt-reeks (nommer 3 uit 8) sal die Otjiwa Eagle Ride op 12 Mei by Otjiwa Lodge wees.

Die voorste uitslae van die X-Ride se marathon-afstande was:



ELITE MANS 109 km

1 Xavier Papo 3:29:02

2 Danzel de Koe 3:29:03

3 Ruan van Staden 3:40:02

4 Hardus Nel 3:31

5 Maruen Kleopas 4:11:59

SUBVETERAAN MANS 109 km

1 Pierre Knoetze 3:32:43

2 Ingram Cuff 3:38:39

3 André Vermeulen 3:39:53

4 Wim Steenkamp 3:40:14

5 Christiaan Bean 3:41:10

VETERAAN MANS 109 km

1 Clinton Hilfiker 3:32:44

2 Mannie Heymans 3:35:59

3 Allan Vivier 3:58:48

4 Paulo de Azevedo 4:03:50

5 Tiaan Nel 4:10:36

MEESTERS MANS 109 km

1 Jan Matthys Nel 4:15:47

2 Kai Tegethoff 4:20:17

3 Niels Serrer 4:31:55

4 Johann Liebenberg 4:40:46

5 Paul Januarie 4:53:26

RHINO MANS (90 kg-plus) 109 km

1 Frans-Anthonie Gerber 3:45:02

2 Fana Lambert 3:54:32

3 Christo du Raan 4:12:17

4 Peter le Riche 4:25:12

5 Eneill Buitendag 4:33:12

GROOTMEESTERS MANS 109 km

1 Hercules Viljoen 4:29:51

ELITE VROUE 109 km

1 Michelle Döman 4:10:08

2 Lelani Swart 5:19:32

SUBVETERAAN VROUE 109 km

1 Rosi Hennes 4:31:58

2 Marion Schonecke 4:59:44

3 Sandra Lippert 5:11:44

4 Ingrid Scholtz 5:55:56

5 Adele Conradie 6:12:41

VETERAAN VROUE 109 km

1 Johanita de Waal 4:26:05

2 Lonel Smith 4:26:29

3 Petra Compion 4:31:42

4 Wilmien Chamberlain 4:42:21

5 Dawn Adams Redelinghuys 5:45:08

MEESTERS VROUE 109 km

1 Karin Brockmann 5:45:15

MANS OPE 76 km

1 Dieter Koen 2:33:21

2 Justin Vosloo 2:34:50

3 Christopher du Plessis 2:41:15

4 Clauss Beukes 2:41:17

5 Christo van Rensburg 2:42:35

VROUE OPE 76 km

1 Michaela Ham 2:52:54

2 Ulande Viljoen 3:02:47

3 Hilke Kruger 3:03:35

4 Jolynde Aucamp 3:05:04

5 Mimi Hough 3:06:29

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!