Wense vir die nuwe jaar
Godfrey Kleinhans – Die jaar 2021 het ons met diepe letsels gelaat. Gemeenskappe oor die wêreld heen is deur Covid-19 getref. Baie mense het siek geword, hospitale was oorvol en vele het die lewe gelaat. Gesinslede het gesterf en talle huishoudings het hul hoofbron van inkomste verloor.
Regerings moes diep in hul geldkaste delf om die stygende gesondheidskostes te kan hanteer.
Die skade aan onderwys is in hierdie stadium onberekenbaar; in die lig van ’n oudit weet ons maar bitter min. In 2020 en 2021 moes skole noodwendig hul onderrig- en leerskedules verander en leerlinge moes tuisbly – vele sonder die gerief van aanlyn- en tuisonderrig, en/of sonder toesig.
Met ouers besig om die pot aan die kook te hou, was leerlinge skielik op hul eie aangewese met baie vrye tyd. In ons buurland, Suid-Afrika, is gerapporteer dat groot getalle leerlinge nie na die skole teruggekeer het nie en dat kinderswangerskappe die hoogtes ingeskiet het; vele meisies, sommige nie eens ouer as twaalf nie, het nou moeders geword of is steeds swanger.
In Namibië het heelwat sulke seksuele vergrype in 2021 aan die lig gekom. Die punt is dat Covid-19 die ongelykhede in ons gemeenskap blootgelê het. Die ministerie is steeds in die knelgreep van gebrekkige fondse en dis te betwyfel of hierdie ongelykhede in die nabye toekoms aangepak sal kan word.
Om alles te kroon, het ’n geweldige skandaal ons in die laaste termyn getref. ’n Klomp vrastelle is gesteel en waarskynlik verkoop en nou moet onskuldige leerlinge van nuuts af vir dieselfde eksamens sit. Mens kan net hoop dat die vertroue in ons eksamenstelsel nie te seer gekry het nie.
Watter wense stuur ’n mens aan die onderwysgemeenskappe in sulke droewige omstandighede? Versekerings van “lig aan die einde van die tonnel” of dat dinge vorentoe beter sal gaan, blyk maar ’n floue troos te wees. Miskien kan ons onsself herinner aan Habakuk wat glo en bly vertrou al sou die vrugteboom nie bot nie of die beeskrale sonder beeste wees. Of, aan dr. Martin Luther King Junior wat ons herinner aan die verskriklike gevolge vir ’n volk wat sonder visie is. Hoop en visie mag ons nooit verloor nie.
Maar, kom ek laat u met die pragtige gedig van Breyten Breytenbach in sy Seisoen in die Paradys:
Mag daar altyd ’n lig brand in julle huis
Mag die paddas julle onthou
Mag die appels aljaar soeter word
En die druiweprieel groener.
Mag julle vriende wyn saambring vir die kuier.
Mag die huis wat julle betrek,
deurtrek bly
Van die geur van sederhout en malvablare
Mag die walle van julle slote nie te gou inkalwe nie
En instort nie
Sodat die water nog helderder daarin kan vloei
Mag die sterre en die berg en die stilte
Oor julle en julle gesin bly waak
Nou en môre en môre se aand
En elke van daardie dae se nag.
’n Baie voorspoedige jaar word u toegewens. Mooi loop tot volgende week.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie