Wenspan vat Oktoberfest beterbal met een punt
Gholf
Die Windhoek Buiteklub se heel eerste Oktoberfest beterbal gholftoernooi laas Saterdag was 'n groot sukses.
Die kompetisie is gesamentlik deur Kalahari Wire Products en World of Hygiene geborg en is ook deur Windhoek Lager ondersteun. Die organiseerders van die onderskeie borge het geen moeite ontsien om dit 'n gedenkwaardige geleentheid te maak nie en 'n tipiese Oktoberfest atmosfeer het geheers met pretzels, goeie bier en musiekoptredes.
Vir die stewige getal van 104 spelers was die baan in goeie toestand, danksy die klubpersoneel se toegewyde aandag.
Spelers van die kus het ook die toernooi in Windhoek kom ondersteun en help verseker dat die volgende jare se toernooie 'n goeie getal inskrywings het om na te streef.
Die eerste Oktoberfest “beterbal met verrassings” se uitslae was soos volg:
1 Joseph Martin en Gabriel Shikodi (56 punte)
2 Tangeni Mupupa en Ignatius Shilinge (55)
3 Willie van Zyl en André Burger (52)
4 George Gariseb en Bertus Damon (49)
5 Thomas Shitaleni en Leevi Tshoopara (48, uittel)
6 Inklous Suze en Michael Hoeseb (48)
Twee spanne van Kalahari Wire Products het inderdaad in die vierde en sesde plekke klaargemaak, maar het hulle van oorweging vir die pryse onttrek.
Dié twee spanne was Trevor Mills en Gerbie van Wyk, asook Hentie Nel en Johan (JP) Visser.
Pryse vir die houe naaste aan die pen is ook soos volg beklink (borge tussen hakies): Joseph Martin (putjie 3, KWP en WoH), Sakkie van Niekerk (putjie 9, Windhoek Buiteklub) en Gabriel Shikodi (putjie 17, Windhoek Buiteklub).
Die langste dryfhou se prys is deur Kevin Wentzel van Walvisbaai ingepalm. Melt en Lientjie van Schoorwas die bes geklede paar vir Oktoberfest.
TOERNOOI VAN KAMPIOENE
Die Windhoek Buiteklub bied komende Saterdag en Sondag sy gesogte spankompetisie, die Toernooi van Kampioene, aan tussen die Voorsitter en die Klubkaptein se spanne wat volgens die klub se merietelys saamgestel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie