Wenspanne ná veldliga bekroon

Hokkie
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Die manspan van Windhoek Old Boys en Unam se vroue is dié week by die Namibiese Hokkie-unie (NHU) se klubhuis by die Doc Jubberveld in Windhoek as kampioene vereer.

Old Boys en Unam se veldhokkie-spanne het vanjaar die toneel oorheers en het die Bank Windhoek nasionale premierliga vir mans en vroue onderskeidelik ingepalm.

Beide klubs het ook die voorste individuele sterre opgelewer, in 'n seisoen waarin Saints eers op die laaste naweek vir die twee topposisies geklop is.

Maggy Mengo, kaptein van Unam en uithaler nasionale speler, is as die voorste doelskieter vereer, terwyl Dylan Finch by die mans die nommer een skerpskutter voor die doelhok was.

Die reserweligas is onderskeidelik deur die mans van Old Boys en die vroue van Masters Hokkieklub gewen, met Azaylee Philander van Saints en Ruan Oosthuizen wat die meeste doele aangeteken het.

Me. Jacquiline Pack, Bank Windhoek se uitvoerende hoof van bemarking- en korporatiewe kommunikasiedienste, het aan die spanne en spelers hul pryse oorhandig.

“By Bank Windhoek wil ons graag die verskil maak deur hande te vat en bande met mede-Namibiërs te smee sodat groei en ontwikkeling kan plaasvind. Dit is die rede hoekom ons die afgelope twee jaar 'n pad saam met die Namibiese Hokkie-unie gestap het. Ons steun die Unie se poging om hokkie oral in Namibië gewild te maak.

“Die getal hokkiespelers in dié liga het die afgelope twee jaar met 35 persent gegroei, wat 'n merkwaardige prestasie is,” het Pack gesê. Sy het die spelers vir hul passie en toewyding geloof.

Bank Windhoek was ook betrokke by die ontwikkelingsliga waaraan 'n rekordgetal van 97 spanne deelgeneem het. Kinders in die ouderdomsgroepe onder 8, o.10, o.12 en o.14 neem aan die liga deel waarin 'n indrukwekkende 968 spelers geregistreer en 361 wedstryde gespeel was.

Mnr. Marc Nel, president van die NHU, het Bank Windhoek vir sy volgehoue en ruimhartige steun bedank.

“Met Bank Windhoek se ondersteuning lyk die toekoms van hokkie blink in Namibië. Baie dankie aan al die skeidsregters en beamptes vir jul opoffering om die ligas so glad te laat verloop. Baie geluk aan al die wenners,” het Nel gesê.

• Die nasionale o.18- en o.16-spanne is ook by die geleentheid bekend gemaak wat hul nasionale kleure ontvang het. Die seuns sal vanaf 30 November tot 3 Desember teen Zimbabwe in Windhoek speel.

Die o.18-span: Willie Serfontein (doelwagter), Michael Zapke, Dakota Hansen, Nico Jacobs, Petrus Theron, Cody van der Merwe, Damien Schütz, Liam Hermanus, Ivan Semedo, Percy Barthram, Matthew Peens, Kaizemi Kandjii, Sachen Jaanda, Aaro Shivute, Max Mbeeli, Liam Janse van Rensburg.

Die o.16-span: Richter van Rooyen (doelwagter), Nico Neethling, Delron Handura, Owen Hattingh, David Britz, Henko Rieckert, Fagan Hansen, Barend Loftie-Eaton, Tiaan Grobler, Giovanni Suardi, Henning Kruger, Johan Serfontein, Divan van Rensburg, Kevin Kapuire, Mark Olles, Craig McNally.

Die Bank Windhoek nasionale hokkieliga sal volgende jaar voortgesit word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!