Werk op landerye in volle swang
Akkerbouers benut vroeë reëns
Kenya Kambowe – Die onvoorspelbaarheid van die reënseisoen beteken kommunale boere in die Noorde moet hierdie tyd van die jaar moeilike besluite neem.
Ná die goeie reëns in dié streek het sommige bestaansboere hul mahangu-landerye begin bewerk en begin uitsien na goeie oeste later vanjaar.
Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, het vandeesweek deur verskeie streke gereis en gesien baie boere het ná die eerste reëns van die seisoen reeds begin ploeg, terwyl ander hul grond bemes het en op nog reëns wag.
Dié wat vroeg begin het, sê daar is nie tyd om te verspil nie, omdat reënval onvoorspelbaar is en die geleentheid moet aangegryp word terwyl dit bestaan.
Me. Maria Simon, wat in haar landery langs die Oshakati-Okahao-hoofpad gesien is, het gesê sy het onmiddellik ná die eerste reëns begin ploeg en haar mahangu-saailinge is reeds 15 cm hoog.
Sy het gesê sy het op 20 Desember geploeg en het verskeie gewasse geplant.
“Ek het nie gewag nie, want ek was geïnspireer deur die reën wat op daardie dae uitgesak het. Soos jy kan sien, is my veld groen en dit is nie onkruid nie, maar my mahangu, bone en pampoen wat ek twee weke gelede geplant het,” het Simon gesê.
“Party mense het nog nie begin nie en hulle gaan laaste oes, omdat dié van ons wat eerste begin het, voor hulle sal oes,” het sy gesê.
Simon het gesê haar sade ontkiem op die regte tyd, want haar familie, van ander dele van die land, help haar om die landery te bewerk.
“Kyk na hierdie kinders, hulle sal binnekort na hul ouers en grootouers in die dorpies waar hulle skoolgaan, terugkeer. Ek is gelukkig dat die gewasse nou ’n verskyning gemaak het en ons nou besig is om te kweek,” het sy gesê.
Simon het gesê al wat sy nou wil hê, is dat meer reën val sodat haar plante kan groei.
President Hage Geingob het ’n jaar gelede Operasie Tulongeni in die Omusatistreek van stapel gestuur. Dit is ’n program om boere aan te por om hul lande ná goeie reëns te begin bewerk.
Mnr. Erginus Endjala, goewerneur van die Omusatistreek, sê sy streek sal Operasie Tulongeni weer hierdie maand bekend stel.
Endjala sê hierdie keer sal ’n trekking plaasvind om een van die 11 kiesafdelings die taak op te lê om voorbereidings vir die bekendstelling van die inisiatief te tref.
Hy sê as gevolg van die onvoorspelbaarheid van die reënseisoen wag sommige boere vir beter reënval, wat na verwagting van die tweede of derde week van hierdie maand af sal begin.
“Soos jy weet, is Januarie ’n droë maand. Ons sal kyk wat in die komende weke gebeur,” het Endjala gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie