Werk op lughawepad opgeskort
Die Paaieowerheid kom na bewering nie sy verpligtinge na nie.
Catherine Sasman - Konstruksie van die eerste fase van die pad van Windhoek na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako is Vrydag oor laatbetalings aan die kant van die Paaieowerheid (RA) opgeskort.
Die hoof uitvoerende beampte van die RA, mnr. Conrad Lutombi, het bevestig die instelling het ‘n kennisgewing vir die werksoponthoud van die gesamentlike onderneming tussen China Railway Seventh Group en Onamagongwa ontvang.
Lutombi het gesê die gesamentlike onderneming het ingevolge die kontrak die reg om as gevolg van uitstaande betalings werk op te skort.
Volgens hom sal die RA en die kontrakteurs vandeesweek ‘n vergadering belê.
“Ons sal in staat wees om die kwessie op te los.”
Volgens ‘n betalingskedule het die RA reeds meer as N$106 miljoen aan die kontrakteurs oorbetaal. ’n Bedrag van bykans N$20 miljoen is uitstaande.
China Railway en sy Namibiese vennoot, Onamagongwa, het 21 dae kennis gegee van hul voorneme om werk op die pad projek te staak in ‘n brief wat die projekbestuurder van China Railway, mnr. Xianjin Wang, geskryf het oor ‘n “moontlike vertraging”.
Wang het gesê betalings is nie op 21 September en weer nie op 16 Oktober gedoen nie en dit kortwiek die produksie.
“Die handhawing van ‘n positiewe kontantvloei is noodsaaklik sodat die kontrakteure die beplande vlak van produksie en aankoop van hulpbronne vir die suksesvolle uitvoering van die projek kan handhaaf,” het Wang geskryf.
Hy het voorts gesê die vertraging in produksie is as gevolg van die laat aflewerings van materiaal wat veroorsaak word deur nie-betalings aan verskaffers, sowel as ‘n verlies aan vertroue van verskaffers as gevolg van skikkingsooreenkomste wat nie nagekom word nie.
Volgens Wang se skrywe is beslag gelê op ingevoerde toerusting deur die doeane op Walvisbaai oor onbetaalde invoerbelasting wat die kontrakteurs weens die "morbiede kontantvloei" nie kon betaal nie.
‘n Lid van die bestuur van Onamagongwa Trading Enterprises, mnr. Martyn Ipinge, het op 8 November ‘n verskaffer oor die dreigende staking ingelig en aangedui dat die RA nie sy maandelikse, kontraktuele verpligtinge nagekom het nie.
Volgens Ipinge se skrywe is die duur van die staking onbekend. Hy het bygevoeg dat werk geheel en al gestop mag word of dat kleiner werke sal voortgaan. Hy het gesê die kwessie sal binne die volgende paar dae uitsorteer word.
Ipinge wou egter geen kommentaar hierop lewer nie.
Lutombi het ook nie uitgebrei oor redes waarom die RA nie sy kontraktuele verpligtinge nagekom het nie.
China Railway Seventh Group, wat 80% van die aandele in die gesamentlike onderneming besit en wat sy visie stel as die “verbetering van die lewensgehalte van al ons mense”, het onlangs in ‘n advertensie aangedui dit sou met konstruksie van ‘n brug oor Frankie Frederickstraat in Prosperita begin. Dit het aangedui dié gedeelte van die projek sou op 21 September begin en tot 30 Februarie duur.
Die RA het in Desember verlede jaar die opgradering van die lughawepad aangekondig. Dit sluit in die opgradering tot snelwegstandaard oor die stedelike gedeelte tussen Mandume Ndemufayo-rylaan en die uitbreiding van Sam Nujoma-rylaan aan die suidooste van Windhoek.
Die eerste fase behels die konstruksie van ‘n 8,4 kilometer-dubbelpad en die bou van 10 nuwe brûe en drie wisselkruisings. Daarbenewens sluit dit twee bestaande brûe oor die spoorlyn en die verbreding en rehabilitasie van die Arebbusch-rivier in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie