Werk saam vir oorlewing
Werk saam vir oorlewing

Werk saam vir oorlewing

Gemeenskapslede se vrywillige bydraes om honger in Namibië weens Covid-19 hok te slaan, maak ’n verskil in Windhoek se informele nedersettings.
Augetto Graig
Augetto Graig - CoFeed Namibia is ‘n burgerlike aksie om die ellende waaraan Namibiërs weens die uitbreking van die Covid-19-pandemie en die gevolglike noodtoestand teen te staan.

Voedselvoorrade en ander basiese benodigdhede is aan die begin van die maand bymekaargemaak en na minderbevoorregtes in gemeenskappe versprei.

Sowat 20 vrywilligers het Saterdag 18 April van huis tot huis in Windhoek se nedersettings gegaan om kospakkies en noodvoorrade uit te deel.

CoFeed Namibia maak die kospakkies op deur die skenkings wat hulle van die gemeenskap ontvang. Die waarde van verlede naweek se skenking beloop tussen N$50 000 en N$60 000 en het uit onder andere mieliemeel, pasta, rys, suiker, kookolie en blikkies vis bestaan. Hulle het ook ontsmetmiddels, skoonmaakmiddels en higiëniese produkte versprei.

Hulle teiken huishoudings wat hongerly, maar nie vir enige van die regering se verligtingstoelae kwalifiseer nie, sê mnr. George Kambala, komiteelid van CoFeed Namibia.

“Almal is nou kwesbaar,” sê hy.

In samewerking met die Owambo Gemeenskaps-ondersteuninggroep kon omtrent 500 behoeftiges gehelp word.

“Daar was trane van blydskap. Om die mense te sien glimlag was vir hom besonders gewees,” sê hy.

Mense wat in nood verkeer moet hul besonderhede en die erns van die nood na CoFeed www.surveymonkey.com/r/CoFeedNamHelp) stuur waarna hulle ondersoek sal instel.

“Ons wil nie die kosbank en bestaande regeringstoelae gebruik nie. Ons identifiseer die behoeftiges in die gemeenskap om die regering te help,” sê hy.

Navrae kan aan hom by 081 647 6079 gerig word.

Huisgesinne word ook deur komiteelede en met behulp van buurtwagte geïdentifiseer.

“Ons wil die buurtwagte inspan sodat inwoners van ‘n buurt skenkings kan gee, die pakkies versamel kan word en elke tweede week na ons stoorplek geneem kan word. Verlede week het die Windhoek Wes-buurtwag ons gehelp. Ek moedig almal aan om saam te werk,” sê hy.

Die CoFeed projek geniet ondersteuning van bekende Namibiërs soos me. Gwen Lister. Sy sê: “Dit is noodsaaklik dat mede-Namibiërs basiese noodsaaklikhede skenk om enige tekorte in die gemeenskap te verhoed.

Me. Lelanie Basson sê: “Skenk asb., ons is almal saam in die onseker tyd. Daar is mense wat nie die middele het om gedurende die inperkingsmaatreëls te kan oorleef nie.”

Mnr. Mario Monteiro sê: “Jou ondersteuning kan iemand se lewe verander.”

Saam met hom dien mnr. Josephate Mwatotele, me. Linda Baumann en me. Veronica Theron op die CoFeed Namibia-komitee.

CoFeed Namibia bied ondersteuning aan Namibiërs deur gebruik te maak van Twitter en Facebook, e-pos en WhatsApp. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!