Werk vir strydkinders: appèl teen uitspraak glo oorweeg
Howe
Ogone Tlhage – Die Namibiese Vereniging vir Kinders in Ballingskap (NEKA) kan regsaksie neem teen ’n hoërhofbeslissing teen ’n kabinetsbesluit tersyde gestel het dat werksgeleenthede alleenlik vir kinders van die vryheidstryd gereserveer kan word.
Die vereniging het hul besluit om die hofbeslissing uit te daag tydens ’n hofliksheidsbesoek vandeesweek aan president Hage Geingob bekendgemaak.
“NEKA waardeer die geskiedkundige verbintenis van die Swapo-party voor onafhanklikwording (1989 Swapo Party se manifes) waarin die party dit duidelik stel dat die regering na die families en afhanklikes van die soldate van PLAN sal omsien,” het die vereniging se president, me. Rauha Amutati, aan Geingob gesê.
“As ’n stap vorentoe glo NEKA dat ons regstappe teen die hofbeslissing kan neem. NEKA wil daarom die president inlig dat ons in die proses is om regshulp teen die beslissing in te win,” het sy bygevoeg.
Geingob het nie die kwessies oor die ombudsman se appèl teen poste wat deur die regering in die openbare sektor spesifiek vir strydkinders uitgesonder word, aangeroer nie. Volgens hom dien die kwessie voor die howe en is dit daarom sub-judice. Geingob het wel verwys na sentimente wat deur sy voorganger Hifikepunye Pohamba oor die lot van alle Namibiërs gehuldig is.
“President Pohamba het dit duidelik gemaak dat ons alle Namibiërs gelyk as een behandel; dit is ’n feit wat ons almal van weet,” het Geingob gesê. Hy het bygevoeg die agtergrond van alle Namibiërs moet in ag geneem word.
Amutati het agterna gesê die doel van die ontmoeting met Geingob was om leiding te soek.
“Ons is tevrede en is bly oor die ontmoeting wat ons gehad het. Ons het net probeer om ’n pad vorentoe te vind. Ons het leiding gesoek,” het Amutati gesê. Sy wou nie pertinent bevestig of die vereniging voortgaan met die appèl nie.
“Ons kan nie kommentaar lewer nie. Ons is huiswerk gegee,” sê Amutati wat bygevoeg het dat verdere konsultasie na verwagting weer met Geingob sal plaasvind.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie