Werkers kla oor myne u2018in bedryf blyu2019
Werkers kla oor myne u2018in bedryf blyu2019

Werkers kla oor myne ‘in bedryf bly’

Impala Platinum (Implats) en Harmony Gold steur hulle glo nie aan die regering se maatreëls om die Covid-19-pandemie te bekamp nie.
Elvira Wood - Werkers by twee van Suid-Afrika se grootste mynmaatskappye kla dat hulle gedwing word om tydens die staat van inperking steeds te werk.

In skrywes wat aan Netwerk24 gestuur is (met 'n versoek dat die outeurs anoniem bly), kla hulle dat Impala Platinum (Implats) en Harmony Gold hulle nie steur aan die regering se maatreëls om die Covid-19-pandemie te bekamp nie.

Twee lesers kla dat Harmony Gold nie sy bedrywighede in ’n staat van sorg en instandhouding geplaas het nie en dat die aktiwiteite in die aanlegte soos normaalweg voortgaan.

Hulle vra hoe dit moontlik is dat die maatskappy 16 000 werkers nodig het om sy aanlegte in dié tyd in stand te hou.

Een kla dat werkers geen permitte gegee is om te bewys dat hulle ’n noodsaaklik diens lewer nie en dat hulle net opdrag gegee is “om ’n plan te maak” of “ ’n kans te vat”. Daar word ook gekla dat werkers nie ekstra betaling kry nie, en dat hulle met tugstappe gedreig word as hulle nie gaan werk nie.

Nog ’n leser meen ook dit is onmoontlik dat 60% van die maatskappy se arbeidsmag (volgens die leser), nodig is om in dié tyd te moet werk.

Mashego Mashego, direkteur verantwoordelik vir korporatiewe sake by Harmony Gold, antwoord by navraag dat Harmony al die nodige aansoeke by die regering ingedien het om as noodsaaklike diens tydens die staat van inperking met sy bedrywighede te mag voortgaan. Hieronder tel dat hy toestemming het om sy verwerkingsaanlegte in bedryf te hou. Mashego sê in ’n e-pos in antwoord op Netwerk24 se vrae dat alle mynbedrywighede egter gestaak is.

Harmony sê hy verseker dat sy werkers wat wel werk toe moet kom, veilig is.

Hy het geen kommentaar gelewer oor die bewering dat werkers nie permitte gekry het om te reis of dat hulle gedreig word met tugstappe as hulle nie kom werk nie.

Soortgelyke klagtes word oor Implats gemaak.

’n Werknemer hier beweer die geriewe by die maatskappy se verwerkingsaanleg voldoen nie aan die vereistes vir sanitasie en higiëne nie. Werknemers wil ook weet wie verantwoordelik gehou gaan word indien ’n werknemer die Covid-19-virus by die werk opdoen.

Implats sê in ’n verklaring wat Maandag aan die media gestuur is dat hy al die nodige permitte het om sy aanlegte waar platinum gesmelt word in bedryf te hou.

Ook hy het alle mynbedrywighede gestaak.

Implats het onderneem om al sy werkers te vergoed te midde van die 21 dae lange inperking, maar waarsku wel dat sou dit langer as 21 dae duur, hy moontlik ander maatreëls sal moet tref.

Implats het briewe aan sy kontrakteurs gestuur waarin hy force majeure verklaar. ’n Force majeure verwys na ’n onverwagte gebeurtenis wat nie een van die partye se skuld is nie en nie voorsien kon word nie.

Implats gaan dus nie gedurende die staat van inperking sy kontrakteurs betaal nie.

In ’n interne brief aan Implats se werknemers wat Netwerk24 onder oë gehad het, sê Nico Muller, uitvoerende hoof, hulle moet onthou dat die staat van inperking nie ’n vakansie is nie.

“Werknemers wat van die huis af kan werk, moet dit doen. Werknemers wat noodsaaklike dienste moet lewer, moet werk toe kom wanneer hulle opdrag kry om dit te doen.

“Ander werknemers moet, indien nodig, gereed wees om op kort kennisgewing teruggeroep te word.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!