Werkers soek antwoorde oor 2%
Volgens president Hage Geingob word 'n versoek aan burgers vir geldelike bydraes verwring omdat mense nie wil deel nie.
Augetto Graig - Die Namibiese Nasionale Arbeidsorganisasie (Nanlo) se president, mnr. Evilastus Kaaronda, het Vrydag 'n striemende aanval op president Hage Geingob en die land se politieke leierskap gedoen.
Dit volg op 'n beroep vroeër in Mei dat burgers vrywillig 2% van een maand se inkomste vir droogteverligting skenk. Kaaronda dring aan dat Geingob en sy hele kabinet bedank. Ook dat Geingob en die land se twee oudpresidente terwyl hul nog leef antwoorde verskaf oor wat van Namibië se rykdom geword het.
Geingob het Woensdag tydens 'n vergadering met die Japannese ambassadeur in Namibië, mnr. Hideaki Harada, oor die 2%-kwessie uitgewei. Volgens die nasionale uitsaaier, die NBC, sê Geingob die 2%-voorstel word verwring omdat mense nie wil deel nie.
Die uitsaaier berig voorts Geingob sê hoewel die regering ander lande vra vir geld ter droogteverligting, moet Namibiërs ook bydra. "Nou vra ’n mens die Japannese om ons met hul belastingbetalers se geld met die droogte te help, maar as ons 2% van ons mense vra, word 'n groot bohaai daaroor in Namibië gemaak," het die president gesê.
Geingob is van mening Namibiërs het geen idee van solidariteit en opoffering nie, en dat mense met die armes moet wíl deel. "Ek dink ons 'n moet 'n bietjie van ons kant af wys. Daar is ook ryk mense hier. Hulle moet ook uit hul eie sakke bydra," het hy volgens die NBC gesê.
Kaaronda sê die 2%-voorstel het “geen fondament in regdenkende begrip nie. Ons vind in die elektroniese en gedrukte media uit van die regering se misplaasde voorstel om sowat N$600 miljoen van die inkomste van die land se werkende mans en vroue te vat. Dít sonder enige verduidelik oor hoe die land in die situasie beland het waarin hy nou vir geld moet bedel. Die regering is beslis nie eerlik oor die ware stand van sake wat ons land se ekonomie betref nie,” sê Kaaronda.
Nanlo is 'n vakbondfederasie wat die Swapo-gesteunde Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) teenstaan.
Kaaronda, wat in 2014 as NUNW se sekretaris-generaal afgedank is, het ook die omstandighede by die Sentrale Verkrygingsraad (CPB) uitgelig. Hy sê Nanlo het in April reeds die president se kantoor genader oor werknemers van die CPB wat afgedank is weens die mislukking om sekuriteitsklaring te kry.
Kaaronda sê Geingob weier om met Nanlo te onderhandel omdat die regering slegs die NUNW erken. “Of die regering Nanlo erken of nie, is onbelangrik. As die president so bekommerd oor werk vir Namibiese burgers was, hoekom misluk hy so klaaglik daarin om die bestaande werk van 27 werknemers by CPB te beskerm?”
Hy sê werkloosheid in Namibië word weens die ekonomiese struktuur van die land veroorsaak. “Dié probleem, spesifiek werkloosheid onder die jeug, se kernoorsaak is die ekonomiese struktuur wat ons van die apartheidskapitaliste geërf en sonder kritiek die afgelope 29 jaar onderhou het. Om burgers te vra om finansieel by te dra, is om aan te neem die probleem van jeugwerkloosheid is geld, of die tekort daaraan, en dit is 'n verkeerde diagnose,” sê Kaaronda.
Die vakbondleier sê Namibië worstel ekonomies omdat politieke leiers meer vat as wat hulle toekom vat. “Dit het kort ná onafhanklikwording begin,” sê hy. “Ons moet wakker skrik uit die illusie dat ons verkose leiers ons beste belange ter harte neem. As dit wel so was, sou hulle nie almal multimiljoenêrs wees terwyl die land in armoede vasgevang is nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie