Koopman-moord: Skok oor klag teen ‘normale jongmense’
Borgtog is nie aan die twee jong Windhoekers toegestaan wat ’n man in Suiderhof na bewering vermoor het.
Ronelle Rademeyer - Netjies geklee in ’n donkerblou langmouhemp het die lang, skraal mnr. Marcel Groenewald (19), gister in hofsaal B by die Windhoekse landdroshof sy plek in die beskuldigdebank langs sy vriend en medebeskuldigde, die 23-jarige mnr. Pauli Loots, ingeneem.
Groenewald word daarvan verdink dat hy vroeg Saterdagaand vir mnr. Samuel (Boetie) Koopman (45) met ‘n mes in die maag gesteek het, waarná hy op die sypaadjie in Andimba Toivo Ya Toivostraat in Suiderhof ineengesak en gesterf het.
Loots was na bewering agter die stuurwiel van die wit Corsa-bakkie wat die twee glo danksy die CCTV-beeldmateriaal van ondernemings in die gebied, op die moordtoneel geplaas het en deur die polisie gebruik is om die verdagtes vas te trek.
Hulle is laat Maandag in hegtenis geneem.
Groenewald en Loots is nie net goeie vriende nie, maar werk ook saam as motorwerktuigkundiges naby die skougronde in die suidelike nywerheidsgebied.
Hul werkgewer het gister aan Repulikein gesê hy is baie geskok oor wat gebeur het.
“Hulle is normale jongmense. . . jollerig en lief vir kuier. Maar hulle is goeie werknemers en daar is niks fout met die werk wat hulle lewer nie,” het hy gesê, en daarop aangedring dat sy naam nie gebruik word nie.
Koopman en die twee verdagtes was na bewering Saterdagaand kort voor die moord by Future Fresh, ’n supermark in Suiderhof, in ’n woordewisseling betrokke.
Hy is kort daarna op die sypaadjie voor Rupping Body Works deur ’n verbyganger dood aangetref.
Groenewald en Loots se verhoor is gister uitgestel.
Die staatsaanklaer het borgtog teengestaan.
Stuur 'n epos aan Ronelle

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie