Werkloosheid: Syfers oorskadu deur afleggings
Hanlie Stadler – Suid-Afrikaners sal Dinsdag weet wat die land se nuwe amptelike werkloosheidskoers is. Statistieke Suid-Afrika reik die syfers oor die arbeidsmark in die vierde kwartaal van 2019 uit.
Maar enige goeie nuus in die kwartaallikse arbeidsmagpeiling (QLFS) sal oorskadu word deur die dreigende afleggings van derduisende mense – by onder meer Telkom, Massmart, ArcelorMittal Suid-Afrika en Sibanye-Stillwater – waarmee 2020 reeds begin het.
Suid-Afrika se werkloosheidskoers het in die derde kwartaal van 2019 die hoogste vlak nóg gehaal sedert dit in die huidige vorm gemeet word. Dit het 29,1% beloop. As ontmoedigde werksoekers ingesluit word, beloop dit 38,5%.
Dit beteken byna vier uit elke tien Suid-Afrikaners van werkende ouderdom werk of studeer nie, en het nie aktief gekies om die arbeidsmark te verlaat (soos om ’n tuisteskepper te word of vroeg af te tree nie).
Die laaste kwartaal van die jaar is gewoonlik ’n beter maand vir die land se werkloosheidsyfers, met die grootste of tweede grootste netto toename in mense wat in diens geneem word in vier uit die afgelope vyf jaar.
Die aanstelling van duisende tydelike werknemers in die handelsektor gee die syfers dikwels ’n hupstoot.
Fase 6-beurtkrag in Desember en gedempte verbruikersbesteding – wat blyk uit die verkoopsyfers van verskeie kleinhandelaars – beteken 2019 se laaste kwartaal het dalk nie ’n fees van poste opgelewer nie.
Die werkloosheidsyfers kom op die vooraand van pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede Donderdag. Die ekonomie sal na verwagting sentraal staan tot sy toespraak, en ontleders hoop alom hy gaan antwoorde verskaf oor die voorgenome herstrukturering van Eskom.
Die ekonoom Mike Schüssler het verlede week aan Netwerk24 gesê Ramaphosa skuld die land ’n verskoning vir die hemelhoë werkloosheidskoers. Hy glo die versuim om Eskom en ander staatsondernemings te herstruktureer, knou die ekonomie, wat beteken werk kan nie geskep word nie.
Die trae ekonomie word deels voor die deur van Eskom gelê. Kleinhandelaars het die een ná die ander beurtkrag die skuld gegee vir hul swakker Kersverkope.
Verlede jaar het MultiChoice nagenoeg 1 000 mense afgelê en Tongaat Hulett het ’n onbekende aantal mense afgelê (daar was sprake van tot 3 000 mense, maar die maatskappy het geweier om die syfer openbaar te maak).
Die werkloosheidsyfers vir die vierde kwartaal tel nog nie die derduisende nuwe werksoekers wat elke jaar aan die begin van die jaar die arbeidsmark betree nadat hulle gematrikuleer of graad gevang het nie, en tel ook nie die duisende afleggings waaroor onderhandel word nie.
Onder die maatskappye wat herstrukturering aangekondig het, was die grootstes die volgende:
· Sibanye-Stillwater: Tot 3 066 permanente werknemers en 1 709 kontrakteurs se werk is in gedrang by dié mynreus se bedrywighede by Marikana.
· Telkom: Meer as 2 800 mense kan hul werk verloor, volgens Telkom grootliks omdat vastelyndienste al hoe minder benut word.
· Samancor Chrome: Tot 2 488 mense kan hul werk verloor.
· Massmart: Nagenoeg 1 400 poste is in gedrang weens die sluiting van onder meer DionWired.
· ArcelorMittal Suid-Afrika: Nagenoeg 900 mense het reeds hul werk by Saldanha Staal verloor en nóg 400 kan hul werk by die maatskappy se aanleg in Newcastle in KwaZulu-Natal verloor.
· Aspen Pharmacare: Die maatskappy wil sy Oos-Kaapse fabriek se personeel met 219 mense verminder.
· Suid-Afrikaanse Lugdiens: Die staatsbeheerde lugdiens het verlede jaar aangekondig hy wil sy personeel met 944 mense sny; nou word daar van selfs 4 000 poste gepraat. Die sakeredders wil in dié stadium nie sê hoeveel poste in gedrang is nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie