Werknemers in lugvaart ruk op oor griewe
Werknemers van Air Namibia en die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) het gister saam met eweknieë van die Namibiese Kajuitpersoneelunie (NCCU) en die Namibiese Vervoer- en Verwante Werkersvakbond (Natau) ’n optog na die NCAA se hoofkantoor gehou om ’n klagskrif met griewe oor bestuurs- en arbeidskwessies aan mnr. Christoph Seimelo, waarnemende korporatiewe sekretaris, te oorhandig. Een van die eise is die onherroeplike heraanstelling van drie geskorste werknemers, mee. Natalia Isak, Jarmaine Mbako en Elfriede Kandume. Foto Jeanette Diergaardt
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie