• Tuisblad
  • Sake
  • Werknemers moet in Maart, April volle betaling kry
Werknemers moet in Maart, April volle betaling kry
Werknemers moet in Maart, April volle betaling kry

Werknemers moet in Maart, April volle betaling kry

Met die inperkingsmaatreëls wat vannag in werking tree, is werkgewers versoek om voort te gaan om hul werknemers te betaal.
Sanet de Waal
Die ministerie van arbeid, nywerheidsverhoudinge en werkskepping het ’n beroep op werkgewers in al die sektore in die land gedoen om hulle werknemers in Maart en April ten volle te vergoed, al is hulle nie by die werk nie.

Die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Bro-Matthew Shinguadja, sê dit het bekend geword dat sommige werkgewers hulle werknemers dwing om in die volgende drie weke wat die Covid-19-inperkingsmaatreëls geld, hul jaarlikse verlof of onbetaalde verlof te neem.

“Dit moet ten alle koste vermy word en as enige verlof vir hierdie tydperk geneem word, moet vooraf daarop ooreengekom word.”

Hy sê die ministerie het in die lig van die Covid-19-noodtoestand, met verteenwoordigers van die land se werkgewers en werknemers vergader.

Hy sê die ministerie en dié sosiale vennote het ooreengekom dat niemand hul werk as gevolg van die pandemie en die maatreëls wat ingestel is om dit te bekamp, moet verloor nie.

Shinguadja wys daarop dit is belangrik om werksekerheid te behou en besighede in hierdie kritieke tyd volhoubaar te bestuur.

Hy sê dié drie partye doen ?’n beroep op werkgewers om maniere te ondersoek wat hulle in staat sal stel om hul werknemers in hierdie moeilike tye te behou.

As werkgewers in samewerking met werkersunies ooreenkom om werkers ter wille van die bekamping van die verspreiding van die coronavirus huis te stuur, moet hulle weer kan terugkeer werk toe wanneer die staat van inperking opgehef word.

Dié ministerie het opnuut ’n beroep gedoen op werkgewers om seker te maak werkplekke word veilig gehou deur die voorsorgmaatreëls van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) te volg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!