Werksoekers stroom na nuwe VSA ambassade

'n Lang ry het sedert vroeg gisteroggend oorkant die bouterrein gevorm.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Hoopvolle werksoekers het gisteroggend van vroeg af in 'n lang ry gestaan om 'n pos by die nuwe Amerikaanse ambassade-kompleks op die hoek van Metjestraat en Nelson Mandelarylaan in Klein Windhoek in die hoofstad los te slaan.

"Ek staan al vanaf 06:00 in die ry," het 'n vrou gesê wat hoop om 'n pos as vurkhyseroperateur te kry.

Verskeie poste in verskillende posvlakke is vir die konstruksiefase beskikbaar. 'n Kennisgewing van die Amerikaanse kontrakteur, B.L. Harbert International van Birmingham in Alabama, hang teen die draad om aan te dui watter poste beskikbaar is en hoe die aansoekproses werk.

Poste op bestuursvlak is beskikbaar, asook vir ambagsmanne soos skrynwerkers en elektrisiëns, helpers soos sweisers, betonmengers en poste in die pakhuis soos vurkhysoperateurs. Ander poste benodig is vir algemene werkers, assistent-veiligheidsbeamptes, swaartoerustingwerktuigkundiges en konstruksietoerustingoperateurs.

Weens die Covid-19-inperkings kan slegs twee tot drie persone by die tent oorkant die bouterrein ingelaat word, het 'n sekuriteitsbeampte by die hek gesê. Die dra van 'n masker en 'n afspraak is 'n streng vereiste, volgens die kennisgewing.

"Om aansoek te doen, moet 'n SMS met jou van, naam en pos na 081 335 0683 gestuur word. Ons sal reageer met 'n tyd om jou aansoekvorm persoonlik te kom invul," lui die kennisgewing.

"Moenie sonder 'n afspraak opdaag nie; jy sal weggewys word. Bring jou identeitsdokument, geldige polisieklaringsertifikaat (nie ouer as ses maande nie en jou curriculum vitae (CV), indien jy een het."

Die aansoekproses duur vanaf 11 Mei tot 31 Julie weeksdae vanaf 09:00 tot 17:00 en Saterdae vanaf 09:00 tot 12:00.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!