Westerse magte sê hul aanval op Sirië is verby
Saterdag se missielaanval verteenwoordig ’n reuse-verskerping in die Weste se konfrontasie met pres. Basjar al-Assad se vernaamste bondgenoot, Rusland.
Amerikaanse, Britse en Franse magte het Sirië Saterdagoggend vroeg met meer as 100 missiele gepeper in die eerste gekoördineerde Westerse aanval teen die regering in Damaskus.
Die aanval het persele geteiken waar die Weste glo chemiese wapens vervaardig of geberg word. Die aanval volg op ’n voorval verlede naweek waartydens die Siriese magte glo chemiese wapens in ’n aanval op rebellemagte gebruik het.
Saterdag se missielaanval verteenwoordig ’n reuse-verskerping in die Weste se konfrontasie met pres. Basjar al-Assad se vernaamste bondgenoot, Rusland.
Dit is egter onwaarskynlik dat die bombardering enige uitwerking sal hê op die Siriese burgeroorlog wat reeds tot die dood van minstens ’n halfmiljoen mense die afgelope sewe jaar gelei het. Teen Saterdagmiddag (SA-tyd) het die Westerse lande gesê hul bombardering is verby, wat ook die vraag laat waar dit die Westerse reaksie op Assad se chemiese aanvalle laat.
Daar was geen onmiddellike aanduidings van enige ongevalle nie en Sirië het videomateriaal uitgereik van ’n gebombardeerde navorsingslaboratorium, maar ook van Assad wat by die werk opdaag soos gewoonlik. Rusland en die Siriese regering het die aanvalle as “sinneloos en roekeloos” bestempel.
Brittanje, VSA
Die Britse premier, Theresa May, het die aanval as “beperk” beskryf, met geen doel om Assad uit sy amp te dwing of in die Siriese oorlog betrokke te raak nie.
Sy het Britse magte toestemming gegee om op te tree nadat intelligensieverslae daarop gedui het dat Assad wel skuldig is aan ’n gifgasaanval op Doema, ’n voorstad van Damaskus, verlede week.
Die VSA het gesê die teikens was ’n navorsingsentrum naby Damaskus waar chemiese en biologiese wapens na bewering ontwikkel en getoets word, asook twee persele in Homs waar chemiese wapens en toerusting gestoor word.
Jim Mattis, die Amerikaanse minister van verdediging, het dit beskryf as ’n eenmalige aanval, maar pres. Donald Trump het nie ’n tweede aanval uitgesluit nie, sou Assad se regering weer chemiese wapens gebruik.
Die Russiese president, Wladimir Poetin, het die bombardering as ’n “ongegronde aanval op ’n soewereine staat” beskryf en vir ’n vergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gevra.
’n Senior amptenaar van ’n streeksbondgenootskap wat Assad ondersteun, sê die skade was minimaal omdat Rusland hulle oor die beplande aanvalle gewaarsku het.
Ten spyte van die feit dat die Weste reeds die afgelope sewe jaar ’n beroep doen op Assad om die mag oor te gee, het hulle nog nooit militêre aanvalle op sy regering uitgevoer nie omdat hulle nooit ’n groter strategie gehad het om hom te ontsetel nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie