Wet versus verbond - en ons toekoms
MARTIN DENTLINGER SKRYF:
Deesdags praat almal van die Vaderlike Wet op Rehoboth.
Geensins ’n slegte ding nie.
Sovêr ek kan vasstel, word die wet links en regs gekwoteer, maar ek het nog nie een mens teegekom wat die regsbetekenis van die wet verstaan nie. Die meeste dink daaraan soos 'n grondwet en aan skrywers wat oor Rehoboth se geskiedenis skryf en verwys na die konstitusie van die Basters.
Self verkies ek om na die wet as verbondsdokument te verwys.
Wat my by hierdie slotsom bring, is die inleidende vers van die wet wat met die woorde "In die jaar van onse Here” verwys na die skriftuurlike inhoud wat die Lewende Liggaam van Vrywillige Lidmate, Burghers, in ’n bepaalde Skriftuurlike Rigterskap oordeel of rig.
Hierteenoor staan “citizens” in die normale betekenis van die woord burgers as dooies deur papier geskep met geboortesertifikate en 'n konstitusie in ’n sekulêre, organisatoriese stelsel van ’n stel geproklameerde reëls, proklamasies en kodes van ’n regeringstelsel; ’n stelsel van inkorporering van verskillende regsdefinisies soos inwoners, produkte, betrokkenes, saamgevoeg, distrikte, stemgeregtigdes ens., soos die aanhef van die konstitusie dit inlei.
Die Vaderlike Wet is ’n besondere dokument, maar sal maar net ’n stuk papier wees as die lidmate as lewende Godgeskapenes nie daarin lewe blaas nie. Die wet word lewe ingeblaas deur deelname daaraan om dit uit te leef.
Elke vreemde keuse wat lidmate binne die ligaam maak, vervals die suiwerheid en ware vryheid wat die wet bied.
Die respek vir die verbond met God en mekaar word deur die wet bekragtig. Alles hang van die Burghers (landsheer) af. Die status en stand deur die wet verseker, is nie ’n breekbare ornament wat op ’n rak uitgestal moet word nie. Dit is die posisie waarin die wet vir 150 jaar aanslae weerstaan en oorleef het volgens die hooggeregshof se mening in Kaptein Diergaardt se saak teen die regering.
As hierdie wet van ons die Namibiese konstitusie oorleef het, watter een is dood en watter een lewe? Die Vaderlike Wet het oorleef en staan in die lewe, nie waar nie?
Die oorlewing het egter nie die weerstand van die regering teen die kollektiewe boedel en waarde (kollektiewe bates) tot 'n einde gebring nie. Net die leë dop het oorgebly en niemand anders as die lidmate kan daarvoor blameer word nie. Gebrek aan selfverantwoordelikheid was die oorsaak van die huidige posisie waarin Burghers beland het.
Selfregering, selfverantwoordelikheid en selfonderhoud, veiligheid, vryheid en voorspoed was oor 150 jaar in die hande van vreemdelinge geplaas as gevolg van onverskillige handeling teenoor die boedel. Hierdie is juis die onderpant van veiligheid, vryheid en voorspoed.
Steeds word daar na buite vinger gewys om skuldenaars op vreemde plekke te soek in stede om in die spieël te kyk. Die versekering is in die eie hande en harte van die lidmate wat deur kompromieë die versekering waardeloos gemaak het.
Al die Bybelverse word niks meer as slagspreuke nie. Die opdrag en toets van Genesis oor bewaking en bewerking is gedruip.
Die Kapteinskantoor se mag word totaal afgebreek as die lidmate hulle verantwoordelikhede op een man alleen wil plaas en hulle verontskuldig met allerande verskonings. Dit sal help as elke lid maar net sy of haar eie prestasie binne die Gemeente verantwoordelik wil beoordeel.
Die belangrikste kantoor in ’n demokratiese korporasie is die burgers ("citizens") wat burgerskap deur meerderheidstem onder beheer van ’n klein groepie se mag geplaas het. Dit is hierdie fraksie wat oor die minderhede domineer en hulle willoos aan ’n tiraniese demokrasie oorgelaat het. ’n Regering, agentskappe en burokrasie het vir hulle soos sekulêre gode geword.
Dit is absoluut teenoorgesteld van Rehoboth Burgherskap. Burgherskap beteken om die rigting van Rigterskap volgens God se Wet te bepaal en nie volgens mensgemaakte kodes nie. Burgherskap word nie net verlang om ’n kaptein en raadgewers te verkies nie, maar word vereis oor die volle spektrum om ’n sitplek binne die Gemeente te bespreek vir die nageslagte.
Deur onverskillig te staan teenoor ons deelnemende verantwoordelikheid om die erfenis in stand te hou en te laat groei, het die Burgherskap veroorsaak dat nasate beroof en geplunder is van hulle erfenis. Almal is verstrengel in “legal” kodes en in gate vasgekelder deur ’n gesofistikeerde regering en hulle regslui.
Omdat hul vir so lank as ingekerkerde prisoniers in duisternis aangehou is, kan hulle die lig van die son nie meer verduur nie. Die duisternis het lig en die lig duisternis vir hulle geword. Hulle wonings is gevangenisse en self het hulle prooi vir plunderaars en roofdiere geword.
Die tyd vir resorasie het aangebreek. Vele hande en kundigheid word benodig. Kom ons kyk maar hoeveel van die Rehoboth Boedel se roubeklaers kom na vore om hulp te verleen vir die werk wat voorlê.
Wie anders as die Burghers sal gehoor gee aan die gebede van die voorouers? Wie sal gehoor gee aan die stem van Jes. 42:21-25? Wie sal rond gaan in die strate van Rehoboth om te soek na ’n man wat herstel sal bring?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie