Wet vir koolstoftaks ter tafel gelê
Francois Williams – Suid-Afrika is ’n stap nader aan sy eie koolstofbelasting in ’n poging om klimaatsverandering te stuit en sy verpligtinge ingevolge die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering gestand te doen.
Dit is nadat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag die wetsontwerp oor koolstofbelasting in die parlement ter tafel gelê het.
Mboweni het in sy mediumtermynbegroting in Oktober gesê die koolstofbelasting sal op 1 Junie volgende jaar in werking tree.
Dit is ’n hersiene wetsontwerp wat die kommentaar in ag neem wat vroeër vanjaar op parlementêre sittings van die staande komitee oor finansies ontvang is.
Die impak van die belasting sal ná drie jaar hersien word, het die nasionale tesourie Donderdag in ’n verklaring gesê.
Dit sal in fases in werking gestel word, met die eerste fase wat van 1 Junie 2019 tot 31 Desember 2022 sal strek, en die volgende fase van 2023 tot 2030.
Volgens die tesourie sal dit ’n sterk pryssein stuur aan produsente en verbruikers om hul gedrag te verander en stelselmatig na ’n laekoolstof-ekonomie oor te skakel.
Tesame met die belasting kom ’n pakket van belastingaansporings om die impak van die eerste fase tot en met 2022 op energie-intensiewe bedrywe soos die mynbou- en staalbedrywe te versag.
Daar is ook ’n vrystelling op 60% tot 95% van kweekhuisgasvrystellings in die eerste fase. Dit sluit vrystellings in vir maatskappye wat koolstofkrediete koop of wat in skoner tegnologie belê. Die uiteindelike koolstofbelasting sal dan uitloop op iets tussen R6 en R48 per ton koolsuurgas-ekwivalent wat vrygestel word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie