Wetgewing teen kuberboelies kom
Wetgewing teen kuberboelies kom

Wetgewing teen kuberboelies kom

Relatief nuwe misdaad hier om te bly: Kawana
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Enigiemand wat doelbewus ’n databoodskap aanlyn publiseer of wat met opset ’n databoodskap vertoon met die doel om ernstige emosionele pyn vir ’n ander persoon te veroorsaak, begaan ’n oortreding wat met ’n boete van nie meer as N$10 000 strafbaar is nie.

Dit is ’n uittreksel uit die voorgestelde wetsontwerp op elektroniese transaksies en kubermisdaad, wat tans opgestel word. Die minister van justisie, dr. Albert Kawana, het verlede week in vraetyd in die Nasionale Vergadering op ’n vraag deur mnr. Apius Auchab van die UDF geantwoord.

Auchab wou van die minister weet watter planne deur die regering beraam word om Namibiese kinders teen aanlyn boelies te beskerm.

Kawana het gesê die voorgestelde wetgewing sal dit ook ’n oortreding maak wanneer dreigemente of inligting versprei word, hetsy waar of vals, wat iemand se naam skade kan berokken.

Die maak van eksplisiete seksuele voorstelle, wetende dat dit aanstoot sal gee vir die persoon aan wie dit gestuur is, is ook ’n oortreding. Databoodskappe wat beeldmateriaal van seksuele aktiwiteit of naaktheid van ’n spesifieke persoon bevat en wat sodanige inligting in privaatheid verskaf het met die redelike verwagting dat dit nie verder versprei sal word nie, is eweneens strafbaar.

“Kubermisdaad bied uitdagings aan sowel wetgewers as die uitvoerende leierskap. Dit is ’n relatiewe nuwe misdaad, veral in ontwikkelende lande. Dit is egter hier om te bly en dit moet die hoof gebied word deur die aanvaarding van sowel administratiewe as wetgewende maatreëls om landsburgers te beskerm,” het Kawana gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!