Wetsontwerp oor mensehandel
Wetsontwerp oor mensehandel

Wetsontwerp oor mensehandel

Mariselle Stofberg



Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn het die wetsontwerp oor mensehandel in die ­Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê.

Volgens me. Doreen Sioka word Namibië as die land van oorsprong, transito en uiteindelike bestemming beskou vir mans, vroue en kinders wat vir sekshandel en gedwonge arbeid in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) gebruik word.

“Namibië is een van slegs twee van die 15 SADC-lande wat nié losstaande wetgewing teen mensehandel het nie,” het Sioka gesê.

Vir die doeltreffende koördinering van die bekamping van mensehandel is 'n nasionale komitee onder leiding van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking saamgestel.

Die komitee bestaan uit verskeie ministeries, insluitende dié van veiligheid en sekuriteit, binnelandse sake en immigrasie, asook gesondheid en maatskaplike dienste.

Die komitee het tydens landswye raadgewende werkwinkels begin met die samestelling van die wetsontwerp. Lede van die regering, akademici en nieregeringsorganisasies het dit bygewoon.

Die wetsontwerp is voorts na die kabinetskomitee vir wetgewing (CCL) verwys wat dit aan die prokureur-­generaal voorgelê het voor dit in die NV ter tafel gelê is.

“Die wetsontwerp is van groot belang vir die beskerming van mense­regte in Namibië,” het Sioka beklemtoon.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!