Wetsontwerp op huur in die kollig
Dringende, openbare konsultasies oor huurregte is met verskeie belanghebbendes gehou.
Augetto Graig - Die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling wil dringend 'n nuwe wetsontwerp op huurregte in Namibië voltooi en instel.
Dié ministerie het gister die eerste openbare konsultasie oor die wetsontwerp in Khomasdal gehou. Volgens die minister, mnr. Immanuel Ngatjizeko, volg die wetsontwerp op kabinetresolusie no. 61, wat ook gelei het tot die vestiging van 'n spesiale komitee onder direksie van die adjunk eerste minister, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, om na die grondkwessies te kyk.
Die minister sê die huidige stand van sake met betrekking tot huur in Namibië behels die betaal van buitensporige huurgelde en die uitsetting van die families van huurders ná hul dood. Hy sê die regering is bewus van 'n bestaande huurordonnansie van 1977, maar dat dit prakties nie toegepas kan word nie weens verskeie verouderde inhoud soos boetes en gelde betaalbaar, wat te min is om in die moderne tye oortredings van die wet te ontmoedig.
Die ou ordonnansie vereis ook nominasies vir posisies op huurrade wat net uit huurders sou bestaan en sou nadelig wees teenoor verhuurders en plaaslike owerhede. Boonop vereis die ou ordonnansie dat huur nie meer as 5% van die eiendom se verband mag wees nie, wat onregverdig teenoor verhuurders is, sê hy.
Ngatjizeko sê 'n sterk eiendomsmark kan baie vir die groei van die ekonomie beteken en die huurmark, wat tans meestal ongereguleer en ongedokumenteer is, moet ook sy kant bring.
Volgens hom het regeringsleiers die huurkwessie vanuit die huurders se oogpunt benader, maar dit is ook belangrik om die verhuurders se posisie in ag te neem. Dit is waarom die konsultasie eintlik gefokus het op die oogpunt van die verhuurder en die geld wat belê word in eiendomme te huur.
“Die slagoffers, die huurders, het gekla en die kwessies het met armoede en hoë werkloosheid te doen, maar ons moet albei standpunte oorweeg om sterk wette te maak,” sê Ngatjizeko.
Die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Gabriel Sinimbo, het die belanghebbendes wat genooi is na die geleentheid genoem: Die regering, plaaslike owerhede, stadsbeplanners, die aktekantoor, eiendomswaardeerders, kommersiële banke, eiendomsontwikkelaars, die staatsdienspensioenfonds (GIPF), die Namibië Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI), die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST), die Regstellende Herposisionering-beweging (AR) en die nasionale jeugraad was teenwoordig.
“In beginsel wil die regering 'n formule instel om huurpryse te reguleer sodat huurders nie uitgebuit word nie, maar wat ook verhuurders se belange in ag neem,” het Sinimbo gesê.
Volgens Sinimbo is daar weens die dringende aard van die saak min kans dat meer konsultasies oor die wetsontwerp sal plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie