Wetspad met grond
Wetspad met grond

Wetspad met grond

Dani Booysen
Verlede jaar reeds het die span wat die besluite van 2018 se grondberaad moet uitvoer, benadruk eiendomsreg vir almal is gewaarborg en verskans in die Namibiese Grondwet.

Die nuus dat lukrake onteiening dus onmoontlik is, was belangrik en goed vir buitelandse en beleggersvertroue.

Die presidensiële kommissie wat voorvaderlike grondkwessies moes ondersoek se bevindinge is uiteindelik ook bekend. Op dieselfde positiewe noot lui aanbevelings dat die ingewikkelde en emosionele vraagstukke binne die reg hanteer moet word.

Dit is ongelukkig dat die publiek eers moes begin grom voor die verslag gelek en daarna amptelik vrygestel is.

Die kommissie se ondersoek en uitvoerige verslag is uiters belangrik. Niemand kan ontken dat onregte in die verlede plaasgevind het nie. Tog moet restitusie binne die wet en met die erkenning van alle betrokkenes se regte geskied.

Weens die baie beperkte omvang van onbenutte grond beveel die verslag aan die mees geraaktes moet deur middel van hervestiging bevoordeel word. Regsprosesse en ‘n regsliggaam moet geskep word om voorvaderlike grondeise te hanteer en die verslag stel ook die herklassifisering van grondgebruik voor waar moontlik.

Teenoor regstellende eienaarskap staan nog altyd die belang van ekonomiese en produktiewe benutting van grond; soos met alle hulpbronne. Die kommissie sê hervestigdes kry nie genoeg ondersteuning nie.

Enige sinvolle hervorming moet aan landbousuksesse gemeet word gemeenskappe en die land versterk.

So sê ander

25 Januarie 2021

Joe Biden’s battle for the soul of America has begun

In his inaugural address last week, President Biden rattled off six crises that the United States faces simultaneously: a deadly pandemic, a threat to our democracy, economic inequity, systemic racism, climate change and a diminished role for the U.S. in the world.

All of these problems are exacerbated by the polarization that is warping not just our politics, but also our society and our national identity.

The new president will need to speak to the public often about our challenges, what he’s trying to do about them, and why. But beyond that, he’ll need to find a way to show millions of disaffected, even hostile constituents that he hears and understands them, even when he disagrees with them.

A good place to start would be to recognize and respond to the deep need in the American people for a sense of connection, of purpose, of meaning in their lives.

Ending the pandemic wouldn’t magically heal our social rifts, but it would open the door to progress on multiple fronts.

Tangible steps that offer support in the near term are a good way to show Americans that Washington hasn’t forgotten them. But the biggest moves will require action by Congress, and that’s where Biden is likely to need votes from at least some Republicans.

We hope he quickly seeks to move high-impact legislation that speaks to the desires of both parties.

• LOS ANGELES TIMES

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!