Wettigheid van grond in privaatbesit bevraagteken
Swanu het 'n dokument uitgereik oor die agtergrond van grondonteiening en die party se verwagtinge van die komende grondkonferensie.
Estelle de Bruyn - Indien die South West Africa National Union (Swanu) sy sin kry, sal private eienaarskap van grond in Namibië in die gedrang wees.
Dít is van Namibië se oudste politieke party se verwagtinge en rewolusionêre aanbevelings in aanloop tot die tweede grondkonferensie.
Swanu het dié omvattende dokument uitgereik waarin die agtergrond van grondonteiening en die party se verwagtinge van die komende grondkonferensie uiteengesit word.
verspreiding van Welvaart
Swanu wil hê die tweede grondkonferensie, wat vir later vanjaar beplan word, moet aanbeveel dat grond so “getransformeer” word dat welvaart en bronne eweredig versprei word.
Dit moet tasbare resultate binne 'n periode van minder as vyf jaar lewer.
“Indien grondwetlike voorsienings 'n struikelblok vir hierdie edel taak is, dan beveel ons aan dit word gewysig, omdat die lewensbestaan en belange van ons mense van die uiterste belang is, en die rede is waarom enige regering bestaan,” sê Swanu.
Die party wil hê die tweede grondkonferensie moet gelyke grondeienaarskap in die sentrale sakegebiede van dorpe en stede aanbeveel.
Volksmoord
Maniere moet ook gevind word om grond wat deur Duitsland tydens die volksmoord onteien is, terug te besorg en om te bepaal hoe die nasate van diegene wat ontneem, dakloos gelaat of benadeel is, vergoed kan word.
Die kwessie van voorvaderlike grond moet strook met die internasionale wetlike posisie en toepaslike konvensies.
Swanu wil ook 'n resolusie hê waarin Duitsland, Suid-Afrika, Brittanje en Portugal versoek word om by te dra tot 'n fonds wat moet help om die wanbalans wat deur koloniale en imperialistiese optrede teweeggebring is, te herstel.
'n Streeksontwikkelingstrust, soos in artikel 100 van die Grondwet vervat, moet geskep word vir die opbrengste uit grond.
Die artikel bepaal onder meer dat grond, water en natuurlike hulpbronne onder die grond aan die staat behoort indien dit nie andersins besit word nie.
Volgens Swanu moet 'n parlementêre portefeuljekomitee gereeld vordering met die implementering van die resolusies wat by die konferensie aanvaar word, monitor.
Geregtelike kommissie
Daar word ook aaanbeveel dat 'n geregtelike kommissie van ondersoek na die verkryging en toekenning van grond tussen 1994 en 1990 op die been gebring word.
Só 'n kommissie moet onder meer vasstel watter grond onwettig gekonfiskeer is en watter grond wettiglik deur die Duitsers onteien is en aan wit nedersetters beskikbaar gestel is, en wat van status van kroongrond geword het.
Voorts moet vasgestel word watter grondhervestiging tussen 1915 en 1920 plaasgevind het en ondersoek moet ingestel word na die Grondraad en die Landbank wat in 1920 en 1921 onderskeidelik tot stand gekom het.
Die kommissie moet vasstel wat met die status van staatsgrond gebeur het ná diegene wat geraak is en gekolonialiseer is onder dwang na bepaalde reservate verskuif is, wat die status van staatsgrond is wat aan wit nedersetters vervreem is, asook wat die status van staatsgrond is wat steeds in stedelike gebiede is.
Swanu stel voor die grondkonferensie word uitgestel tot ná die bevindinge van die geregtelike kommissie bekend is. Volgens die party sal die bevindinge waardevolle data bevat wat deur die konferensie in ag geneem kan word.
Private eienaarskap
Dit sal ook die wettigheid van private eienaarskap in terme van artikel 16 van die Grondwet bepaal.
Ingevolge hierdie artikel word private eiendomsreg verskans as 'n basiese reg.
Swanu glo met die inligting van die geregtelike kommissie kan besluit word of die grond terug na die staat moet gaan ingevolge artikel 100 van die Grondwet, indien dit nie wettiglik besit word nie.
Die kommissie sal ook lig werp op wie die begunstigdes ingevolge die hervestigingsprogram moet wees.
Volgens die party moet permanente oplossings vir die gereelde vloede in die noordelike streke van die land gevind word. Die ekologiese impak hiervan is die vernietiging van natuurlike woude en druk op die bevolking.
Dit en die koloniale militêre verwoesting van die verlede kan volgens Swanu nie deur grondhervormingsprogramme die hoof gebied word nie.
“Die hervestigingsprogram kan nie altyd 'n werklike maatskaplike en ekonomiese opsie, veral ten opsigte van hierdie streke, wees nie. Dit kan slegs as uitlaatklep vir maatskaplike druk en politieke dienstigheid dien,” sê Swanu in die beleidstuk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie