WGO: 47 sterf, 181 in Libiese konflik beseer
Die konflik bedreig olievoorraad, versterk migrasie na Europa en verskraal die hoop op 'n verkiesing om die konflik te beëindig.
Tot 47 mense is die laaste dae dood en 181 gewond in die oostelike magte se pogings om beheer van Libië se hoofstad, Tripoli, van 'n internasionaal erkende regering te neem, het die Verenigde Nasies (VN) se gesondheidsliggaam Dinsdag gesê.
Die hernude konflik in 'n land wat sedert die afsetting van Moeammar Ghaddafi in 2011 versplinter het, skep die risiko dat mediese voorraad uitgeput kan raak, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gewaarsku.
Die dodetal – wat hoër is as wat enige kant al gegee het – lyk asof dit hoofsaaklik vegters insluit, hoewel dit ook burgerlikes, insluitend twee dokters, is, het die WGO se woordvoerder, Tarik Jasarevic, op 'n mediakonferensie in Genève gesê.
Die oostelike Libiese Nasionale Leër (LNA) van Khalifa Haftar, 'n voormalige generaal in Ghaddafi se weermag, het vroeër vanjaar die hoofsaaklik woenstyndeel van Libië verower voordat hulle vandeesmaand na die kushoofstad is waar hulle die suidelike kant verskans het.
Die VN, VSA, die Europese Unie (EU) en die G7-blok het almal vir 'n wapenstilstand en 'n terugkeer na die VN se vredesplan gevra, maar Haftar het tot dusver glad nie hierop ag geslaan nie.
'n Vegvliegtuig het Maandag Tripoli se enigste funksionerende lughawe gebombardeer en die getal ontworteldes – 3 400 volgens die jongste VN-telling – styg saam met die getal beseerdes.
Die konflik bedreig olievoorraad, versterk migrasie na Europa en verskraal die hoop vir 'n verkiesing om die konflik te beëindig.
“Ek versoek dat alle partye bymekaar kom om enige verdere sinnelose geweld en bloedvergieting te vermy,” het die VN se hoëkommissaris van menseregte, Michelle Bachelet, gesê.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie