WhatApp
WhatApp

WhatApp

Dani Booysen
Dinsdag se nuusblad. Wettig aborsie. Dis net so goed soos moord pleeg. Stop dit. Vrouens/meisies moet ophou om rond te slaap en dan ‘n “onskuldige” kind deur julle toedoen te aborteer. Vermoor! As ‘n persoon ‘n kind kry, wees verantwoordelik en sorg vir die kind, want dis jou vlees en bloed.

Die hele vrot visstorie van Esau en Shanghala grens aan hoogverraad. Dit lyk na 'n fyn uitgewerkte plan om Namibië oor jare van sy kosbare hulpbronne te stroop terwille van selfsugtige selfverryking. As hulle skuldig bevind word, moet hulle vir lank toegesluit word.

Almal wat aansoek gedoen het vir paspoortboekies by Swakopmund Home Affairs, die boeke het gekom. Ek het myne laasweek Vrydag afgehaal.

What I do not understand Mr President. You fired Bernardus Swartbooi over a apology, but what about the thiefs, corrupt ministers in uour parliament, who can just retire as ministers, but is still MPs in your parliament. Mr President what did you promise us as nation when you became president? No one must be excluded, but go to the traffic ligths. How many people sit there and wait for something? The only people benefiting from this country’s resources are the corrupt ministers and their families. They are stabbing you in your back, Mr President.

Ek wil as inwoner van Grootfontein by die waarnemende CEO, mnr. Arnold Ameb, weet hoekom het ons elke week waterprobleme en as hy gebel word, sit hy sy foon af.

'n Nuwe politieke party is blykbaar op die been gebring om Namibië te red van ondergang. Die party se naam is die KP – "Die Korrupsieparty" en die leuse is "ons steel om te deel". Die partymanifesto is eenvoudig: Ons steel soveel soos ons kan en dan deel ons dit met almal. Die partyleier is Robbing Hood. Het gedink dit sal goed afgaan onder die kiesers omdat korrupsie en steel hoog op die nasionale agenda is en almal klaar so goed is daarin – kan dit net sowel exploit tot almal se voordeel. Dis 'n wen-wen vir almal, almal steel lekker saam, maar ons hou dit nie net vir onsself soos die huidige politikuste nie – ons deel met die nasie.

Die persoon wat praat van dat daar meer mense in die winkels en op die sportvelde is Sondae, het U geweet dat Sondag die eerste dag van die week is en Saterdag die sewende dag, m.a.w. Saterdag is die Sabbatdag wat die Here ingestel het, en ons predikante weet dit ook, maar hulle mislei die kinders van God. Gaan vir bybelstudies of google dit. Ek het dit gedoen. M.a.w. die Sewendag Advintiste kerk is die enigste kerk wat die Sabbatdag eerbiedig.

Juf. Katty Klazen, jy’s ‘n pro in jou gebied. Opreg dankie vir jou jare as onderwyser, coach, mentor vir baie kinders en vir dit wat jy in hulle lewe kom ploeg het. Juf, jy sal oneindig gemis word. Dankie en weet het jy vir baie baie beteken.

Seems to me our government is only thinking about money, for a example our beautiful mountains with beautiful rock paintings are being destroyed on a daily basis. Come to Daures Constituency near Omatjete, the road is destroyed and the councillors are enriching themselves and giving us empty promises. What a shame dear Governor?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!