What’s Cooking?

Karin Eloff
Hartlief-hartedief gaan nóg groter

Yochanaan Coetzee – Hartlief was nog altyd ’n geliefde huishoudelike naam in menige Namibiese huis.

In 1946 het ’n jong Karl Hartlief die familiebesigheid oorgeneem en sy eie slagtery in die hartjie van Windhoek met die naam Hartlief begin.

Vandag is die onderneming ’n Namibiese staatmaker en word hy wêreldwyd vir sy topgehalte vleisprodukte gereken.

Met die maatskappy se filosofie van integriteit, professionaliteit en voortdurende toewyding aan gehalte het hulle alles van skoolkosblikke tot pannekoek na die volgende vlak van smaak en genot geneem.

Om nie eers van die absolute selfdissipline te praat wanneer hulle met hul legendariese varkribbetjies te voorskyn kom nie, of hoe jy nog vir weke ná Kersfees na daai gerookte ham verlang nie.

Nie net help hulle jou om jou dollar te rek nie, maar hulle spesialiseer ook in die soort snitte wat jy nodig het as jou baas dalk vir ’n braai oorkom.

Dié ikoniese vleisparadys het nou opwindende nuwe veranderinge ondergaan.

“Met ons voetspoor wat in die streke groei en aangesien ons drie suksesvolle deli’s in die Wes-Kaap het, wou ons vir ons getroue plaaslike kliënte iets buitengewoon gee deur ons fokus op gehalte te kombineer met ons fokus op kliënte. Dít deur die jongste plaaslike en internasionale neigings en produkte,” sê Christo van Niekerk, Hartlief se bemarkingsbestuurder.

Lekkernye elke dag

Die Hartlief Rooftop Bistro is reeds ’n middagete-wenner en boonop ’n geleentheidsvenue van epiese afmetings. Maar om hul stoutste drome te oortref, het die Hartlief-span die nuwe Hartlief Shop and Bistro oopgemaak.

Dis net om die draai van hul welbekende Factory Shop en Rooftop Bistro. Hartlief Shop and Bistro gee die onderneming ’n vars, nuwe kinkel in die kabel met winkelrakke met ’n reuseverskeidenheid plaaslike en ingevoerde snoepgoed en kosse, meer sitplek vir dié wat ’n ete daar wil geniet en makliker toegang met ’n groot, nuwe parkeerarea.

“Ons wou ons getroue kliënte iets nuuts en opwindends gee. Dit het baie navorsing gekos, maar ons is trots daarop om ons kliënte dié verskeidenheid topgehalte plaaslike en internasionale produkte te bied om hulle ’n unieke koservaring te gee,” sê die nuwe toevoeging se hoofsjef, Kai Seckel.

Om hul wye verskeidenheid gehalte vleisprodukte te ervaar, of ’n rustige middaghappie saam met ’n koue goue te geniet, die Hartlief Shop and Bistro is die perfekte plek vir jou.

Kontak Hartlief by +264 61 267 700 of besoek hulle in Sheffieldstraat in die noordelike nywerheidsgebied.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!