WhatsApp 1 April 2021
WhatsApp 1 April 2021

WhatsApp 1 April 2021

Dani Booysen
Mr Job Amupanda. What is it with the uniform? Are we back in the 1980s and the bushwar? I find this very offensive.

Die Fishrot het bewys dat ons land "ryk" is. Armoede kan nie in Namibië wees nie. Dit is ook nie nodig dat viskwotas net aan sekere landsburgers gegee moet word nie omdat dit nie almal bevoordeel nie. Daar moet ‘n goverment controlled entity op die been gebring word, wat goed bestuur moet word deur landsburgers wat hulle bewys het hoe om groot maatskappye suksesvol te bestuur.

Dan glo ek kan elke landsburger ‘n sekere som geld na ‘n sekere tyd uitbetaal word uit daardie fonds. Dit is nie onmoontlik nie, as daar soveel miljarde uit vis gemaak kan word en in ander mense se rekeninge in en uit gaan en so gemors word terwyl ons land krepeer van armoede.

Die viskwotastorie moet net gestop word sodat ons almal voordeel kan trek uit die visbedryf. Dit is hierdie goed wat die opposisiepartye in die parlement moet praat. Ons wil veranderinge sien en is moeg vir die bakleiery in die parlement.

Graag wil ek net weet. By Khomasdal-begraafplaas is daar ‘n security wag dag ek nag maar nog steeds word die grafte se grafstene afgebreek, naamplate word verwyder. My ma se graf is stukkend geslaan en die koperplaat is uitgesteel. Hoe nou?



Met alle respek en erkenning aan die kennis en insig van mnr. Martin Dentlinger rakende die historiese feite wat beslag gegee het aan die Rehoboth Wet, of aan die Basters as 'n sogenaamde soewereine volk, kon ek nogtans as leek nie kop of stert uitmaak van die regstegniese aspekte in sy bydrae op Hartklop FM tydens die tydgleuf 13:00-14:00 op 30/03/2021 nie.

Soos ander oningeligtes het ek ook maar net 'n diepe dors daarna om te verstaan waarom die Rehoboth Baster, anders as byvoorbeeld die Namas en Herero's, se status as tradisionele volk nie in 'n onafhanklike Namibië erken word nie. Tweedens, om die funksie van die kaptein binne die bestaande gesagstrukture van die land te verduidelik. En wat die huidige stand van sake is met betrekking tot die grond van die Rehoboth Baster Gemeente.

Ek hoop hy sal hiermee kan help.

Die uwe

Strydkind



Kan u asseblief vir ons almal duidelikheid by PSEMAS kry oor die herregistrasie van lede. Daar heers ‘n babelse verwarring oral. Veral ook by pensioenarisse.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!