WhatsApp 12 Mei 2020
Ek wil net iets verstaan by Mariental polisie. Daar is nog plekke wat drank verkoop en ons moet nie baie bymekaar wees nie, maar dan sien jy by sekere huise waar daar sterfgevalle is dat so baie mense bymekaarkom en die polise self sien dit, maar doen niks. Is die maskers net bedoel vir sommige mense, want by sommige officials sien jy dit nie. Nou wie moet dra en wie nie?
Alle kinders kan die skooljaar klaarmaak. Geen rede om te verleng na volgende jaar. My kinders - in 'n staatskool - is al in die helfte van al hul werk in hul handboeke. Wat gaan hul heeltyd doen? Verleng skoolure of doen ekstra klasse, maar laat hul net die jaar voltooi - hierdie jaar nog! Waarvoor moet hul nou so hard werk met e-learning as hul nie gaan klaarmaak nie? Die data is baie duur!
NEEEF is soos dit nou bewoord is 'n onding. Mense is reeds teen die grond a.g.v. die Covid-19-inperking. Hulle het deur jare al die risiko's gedra en hard gewerk om hul besighede op te bou. NEEEF sal ons land se ekonomie totaal vernietig.
Ons bly in Swakopmund. Van vandag (Dinsdag) is dit plig om maskers in alle openbare plekke te dra. Ek was by ons (winkel se naam verstrek) en het opgehou tel hoeveel van mense sonder maskers daar inkopies doen. Hoekom word hulle in die eerste plek toegelaat om die winkel binne te gaan? As dit so gaan, wat help alles? Waar is die persone wat dit kontrolleer? Mens kan regtig net kop skud.
Ons probeer in kontak kom met ministerie van finansies. Het hul 12:45 gebel, geen antwoord tot etensuur. Het weer 14:00, 14:30 en die hele tyd gebel, maar geen antwoord. 16:20 tot 16:55 steeds geen antwoord. Die sluitingsdatum was vandag, 8 Mei, so hoe werk dit? Kan iemand my 'n nommer gee hoe om uit te vind oor "rejections" asb.?
Rehoboth se vrouens, julle sal saam moet staan teen korrupsie en onenigheid. Julle veg vir julle kinders, maar niks kom daarvan nie. Die maintaince kantoor is pateties. Dis vir jare dieselfde storie. Dis net die vrouens wat hul pligte nakom, maar daar baie mans kom wat baie weg. Sekere mense se goed word gedoen en sekere mense nie, dis hoekom Rhb nie vooruit gaan nie. Ek salueer die pa's wat hul pligte nakom.
Die Chinese stel nie belang in die ontwikkeling van Namibië nie. Hulle soek net ons grondstowwe en hulle soek werk en blyplek vir hul miljarde inwoners. Waarom besit hulle al ons uraanmyne, voer al ons uraan uit, maar stel nie belang om vir Namibië sy eie kernkragsentrale op te rig nie?? Ons regering moet wakker word.
The thinking and logic of the Ministry of Health was not clever nor smart when it came to enforcing wearing masks when one is in public. Not only is it not healthy but very dangerous because it produces hypoxia, especially when one is driving. That is why all doctors kicked against this. The worst is that thieves and robbers will use it as an opportunity. Makes one wonder.
Mercy Gift Mannekoor van Okahandja, julle is maar net staatmakers. Hou so aan, manne.
SSC het volgens my 'n maatskaplike verantwoordelikheid teenoor al sy lede wat 'n maandelikse paaiement betaal. Dit beteken lede het versekering ('n polis) uitgeneem om sy/haar inkomste te beskerm ongeag die salaris wat hulle verdien. Hoe hoër jou salaris, hoe meer betaal jy. Ek sê maar net. - WOLF
Die voorstel dat skole tot 18 Desember aanhou, is dalk 'n goeie plan. Dan kan almal ook Desembervakansie afstel en bly werk ter wille van die ekonomie. Daar is genoeg vakansiedae. Net 'n gedagte.
Besighede, winkels e.a. moet asseblief nie nou pryse verhoog nie. Te veel mense kry swaar.
In Karasburg people are selling alcohol from their home. We called the Station Commander and his response was: "As long as the people are drinking in their yards it's no problem." They are taking out alcohol from bars & clubs left, right and center. No one is doing something, which means they are in cahoots with these things. Please we want answers!
Soos ons reis, ontmoet ons daagliks mense. Die lewe is 'n reis, geniet u reis. Met 'n 'seblief en danke elke dag. Behoed en bewaar ons, o Heer. Danke virri sonskyn en wind en reent. Gee aan ons Hemelheer alle lofprysing en eer. Baie dankie my langpad vrinne vir julle geselskap. Familie is soos kennise wat altyd in jou hart woon vir ewig en altyd. - Mogamat Salie Saban
Ons bly in Kramersdorp, Swakopmund. Die laaste paar dae het ons etlike groot lorries, container lorries wat in Libertina Amathila-straat ry. Ons is 'n woonbuurt. Kan daar nie' n kennisgewing geplaas word by die ingang van Swakop by die brug wat daarop wys dat lorries met die hoofpad moet ry en nie hier nie?
Wat is die probleem by Witvlei polisie. Help nie eers om hul te kontak met probleme op plase nie, hul kom glad nie uit nie. En met lockdown kry mense nog steeds drank in die hande en beweeg vrylik rond en oral ry voertye wat nie eers lisensieskyfies op die ruit het nie, dan is die drywer nog sterk onder die invloed van drank.
Onderwysers, dink dis tyd dat ons 'n bietjie moet strick wees. Niks wat jy doen, is goed genoeg nie. Jy ploeg baie in jou leerlinge in, ook finansieël. Jy sit laatnagte wakker om prep te doen, te merk, maar dis nog steeds nie goed genoeg nie. Van ons is in onderwys omdat dit ons passie is. We do it for the love of our work.
Regering en Swapo, jul moet liewers gaan. Jul het nie 'n idee hoe besigheid werk nie. Hoe kan 'n besigheid werkers aanhou as daar geen fondse is nie? Jul kan nie eers jul SOE's hanteer nie. Kyk hoe gaan dit daar, als bankrot en wanbestuur. Die vakbonde moet pasop wat hulle sê. Gooi liewer die klip voor Swapo en die regering se deure.
Can you please find out why are security guards are getting that 750 without questions.
Moet asseblief nie die suiwelbedryf vrystel van die wet soos hulle versoek nie. Soos met die hoenderbedryf sal dit ook hier gebeur. 'n Swak produk ten duurste. Laat hulle kompeterend in die mark wees en 'n gehalteproduk lewer. Die bewering dat SA melk onlangs teen N$10 per liter op die rak was, is 'n leuen. Waar kan ons beswaar aanteken?
Graag wil ek my teleurstelling en skok uitspreek oor die salarisse van amptenare, byvoorbeeld Kanime: N$115 685 plus N$25 103,65 per maand vir voorsorgfonds, 13de tjek kom nog by en voertuigtoelae. G'n wonder ons armes kry so swaar en word so onderdruk nie. Hage, asb., dis pateties. Julle sal rekenskap gee eendag. Baie hartseer.
Ons regering volg die inperkingstappe getrou, maar wanneer kom die aankondiging van die president, ministers en goewerneurs dat hulle ook een derde van hul salaris sal skenk vir die honger mense? - Johan van der Linde

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie