WhatsApp 14 September 2021
WhatsApp 14 September 2021

WhatsApp 14 September 2021

Dani Booysen
Ek verwys na berig "Tsunami van kinderverkragting" (8/09/2021). Ek was self ‘n slagoffer as kind. Maak hierdie mense bekend! Alle sex offenders moet aan die publiek bekend gemaak word. Ek het self 2 dogters wat ek moet beskerm teen hierdie gemors in ons samelewing. Ons as ouers wil/moet weet as daar soiemand in ons omgewing rond beweeg. Tattoo sommer die ouderdom van die kind op sy voorkop asb.

TransNamib is nie die enigste staatsbeheerde entiteit wat besig is om te sterf nie. NamPost is lankal dood, maar omdat dit nie eintlik meer diens lewer aan baie Namibiërs nie, was die sterfte onopsigtelik. My kleindogter het in Julie 2021 vir haar oupa en ouma ‘n spesiale brief geskryf en per pos vanaf Kaapstad gestuur. Ons wag nou nog daarvoor. In die 1970’s het ‘n posstuk uit Kaapstad 2-3 dae geneem om in Windhoek afgelewer te word. Nou, in 2021, is dit ná meer as ‘n maand nie afgelewer nie! Hoe is dit moontlik dat enige diens so agteruit kon gaan ten spyte van baie beter vervoerstelsels, tegnologiese vernuwing en duur dienste? NamPost het geen bestaansreg meer nie en is in elk geval al tot 'n groot mate irrelevant in ons daaglikse bestaan. Kiesers en belastingbetalers, kom ons raak ontslae van sulke bloedsuiers wat baie duur is maar geen diens lewer nie.

Kinders in ‘n sogenaamde ongerregistreerde skool mag miskien nie eksamen skryf of by ‘n ander skool inskryf nie, maar hoekom sou hul wou as hul goed opgelei word met al die aandag en hulpmiddels deur opgeleide personeel en bekwaam gelaat word om die werk te kan doen? Wat is hul alternatief? Ek stel voor die onderwysdepartement moet eers hul eie huis in orde kry voor hul allerhande voorskrifte sit en uitdink wat groei belemmer. Gee liewer vir Roots daai registrasie, gaan op jul knieë en sê baie dankie vir hul inisiatief en hulp om iets van ons onderrig beter te maak.

Nuusblad 2/9. Krematorium. Stem saam. Die uwe Burgermeester van Whk moet hom bepaal by dinge in die stad wat hom aangaan in sy veld. En doen daadwerklik iets aan die krematorium en ander dinge wat uitmekaar val! Dis regtig ‘n skande dat dit voortdurend stukkend is en so lank neem om herstel te word.

Ek wil graag iets wat baie swaar op my hart lê probeer afkry. My eggenoot is die 4de Julie oorlede. Op 19 Julie bel ek en dit word vir my gesê sy lê 43ste op die lys. 19 Augustus bel ek weer; sy lê 40ste op lys. Bel weer 8 September; sy lê 39ste op die lys. Bel weer 13 Sept.; sy lê nog steeds 39ste op die lys. Hoe is dit moontlik dat ‘n liggaam net 4 plekke opskuif van 4 Julie tot 13 Sept.? Wil hulle vir my kom vertel hulle het nog nie kans gekry vandat die oond reg is nie? Iewers is iets nie lekker nie.

Aan jaarlikse verlof. Wil jy deur die jaar ook verlof hê? Meeste firmas maak Desembermaande toe. Dis al wanneer daardie mense verlof kry. So maak vrede daarmee of kry ander werk.

Afrika, kan julle sogenaamde "demokratiese" regerings wakker word. Toerisme is een van die grootste bydraers tot BBP, veral in Namibië, maar sjebeens en drankverkope is nou prioriteit? Pateties. Julle benadeel honderde duisende burgers, maar dan weer kan hulle nie so maklik hul beursies volmaak deur toerisme nie. Wens en hoop Namibiese burgers word gou wakker. Mense gaan dood van honger, nie Covid nie, weens die wanbestuur van die land. Bring back our tourists now, or compensate the nation.

NBC – 3 times you repeat the soapies on channel 103. Really? Play more movies on 103 and do that from 9h30. 11h00 is very late. Thanks. – Wdhoeker

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!