WhatsApp 19 April 2021
WhatsApp 19 April 2021

WhatsApp 19 April 2021

Dani Booysen
Die nare Namibiese waarheid oor homoseksualiteit:

Dit kom oral voor; konsensuele seks onder mans is algemeen en gebeur nie net in tronke nie; mense maak valse sake van verkragting teen gays as 'n verhouding op die lappe kom; gays word met behulp van die wet geteiken om munt te slaan; Namibië is endemies homofobies en in ontkenning oor homoseksualiteit en homofobie; heteroseksuele mans bedryf sagte kommersiële sekswerk met gays vir gemak; en gays word daagliks gestigmatiseer, afgeknou, geteister, mishandel, verkrag, aangerand, uitgesluit, teen gediskrimineer en selfs doodgemaak, maar niemand traak nie.

Wat het van ware, onvoorwaardelike Christen-liefde en wette en instellings wat almal beskerm, geword?

- Rooi Olifant

Grootfontein Munisipaliteit:

Vullishope word nie verwyder nie, van verlede jaar Augustus af lê die hope.

Vullisdromme se vuilgoed word nie verwyder nie.

Jy kan maar bel en rapporteer, die verskoning is altyd - die toerusting is stukkend.

Die grondstrate en teerstrate is so vol gate mens weet nie meer hoe en waar om te ry dat jy jou motor nie beskadig nie.

Die inwoners moet betaal vir vullisverwydering wat nie gedoen word nie. Die dorp is eintlik ‘n disgrace.

Jy as huiseienaar doen jou deel, hou jou sypaadjie netjies, gooi die tuinvullis op die regte plekke, maar die munisipaliteit is non-existent.

Die dorp se sypaadjies is ‘n gevaar om op te loop omdat dit nie instand gehou word nie.

Die sypaadjie by die laerskool is deur ‘n vrou van die dorp skoongemaak en dieselfde vrou en haar werker het ook ‘n tyd gelede die begraafplaas skoongemaak. Die gras groei hemelhoog oral sodat die uitsig op die paaie versper is.

Waar is ons munisipaliteit?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!