WhatsApp 19 November 2020
WhatsApp 19 November 2020

WhatsApp 19 November 2020

Dani Booysen
Dagsê. Laat my toe om die bedroefde families alle sterkte toe te wens. Niemand wens dit vir enige mens toe nie. Mag die Here met die families wees. Ek wil baie graag die Evasgeslag vra: as julle nie gelukkig is in julle huwelike nie, praat as dit nie help nie. Skei van die manne. Manne, as julle nie gelukkig is nie, skei van die vrouens. Die families wat agterbly moet met die pyn saamleef. Dis nie reg nie.

Wat ‘n gemors is ons Etosha Nasionale Park nie, van Namutoni regdeur tot by Okakaukuejo. Kyk maar na die insident wat oor die naweek daar gebeur het by een van die watergate. Wat ‘n skande vir ons Nasionale Park en vir ons land.

Wat moet die toeriste van ons Nasionale Park dink? Toilette werk nie, badkamers sonder water en in vervalle toestande. Winkeltjies is leeg? Niks wat gekoop kan word in nood nie. Daar is niks wat die toeris kan koop vir ‘n aandenking van Namibië nie.

Personeel van NWR is nie opgelei nie; wel vriendelik, maar dis waar dit stop. As die staat nie na die plekke kan kyk nie waarom gee hulle dit dan nie uit vir privaat tenders nie?

Namutoni binne is ‘n totale gemors. Binne by die fort was dit altyd so mooi, die kamers daar was puik, met braaiplekkies by die kamers, daar was ‘n lieflike restaurant en verskeie klein winkeltjies met allerhande aandenkings, mooi poskaarte, ag en noem maar op.

Is hartseer om te sien hoe alles uitmekaarval, en steeds betaal jy jou ore van jou kop af vir sulke haglike omstandighede.

Wat gaan tog van ons pragtige land word?

Telecom, kan u asb kyk na ons klagtes of ten minste u telefoon antwoord as iemand bel. 21 oproepe na 061 201 2662, ook ontvangs kry nie antwoord. Die klagte is al 3 weke gelede gerapporteer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!