Daar is gereeld gruwelike ongelukke op die gevaarlike stuk pad/pas tussen Finkenstein en Avis. Veral swaarvoertuie, en spesifiek volvrag beestrokke, is betrokke. Hulle ry te vinnig om die draaie en dan skuif hul “los” vrag en ruk die trok/sleepwa om. Kan die CoW, wat duidelik verkondig dat hulle in beheer van daardie gedeelte is, asb. ons belastinggeld gebruik om groot waarskuwingsborde en ‘n spoedbeperking van 60 km/u vir swaar voertuie op te rig. Hierdie is ‘n wesenlike gevaar vir alle padgebruikers. Hopelik val hierdie versoek nie weereens op dowe ore nie.
Ek verstaan nou hoekom padongelukke so baie is in ons land. Dit is belangriker om agteruit-parkering of parrallelparking of driepuntdraai te doen. Hoe reageer die bestuurder op ander padgebruikers se gedrag? In Namibië, solank jy kan parrellel parkeer of soos ons dit noem reverse parking of driepuntdraai doen, dan kan jy bestuur. Belaglik. Ek dink die manier van uitpassering is verouderd. Dis tyd dat NaTIS by lande soos Australië (die laagste syfer motorongelukke ter wêreld) gaan kers opsteek as dit by die uitreiking kom van lisensies aan beginnerbestuurders. Maar ek kan verstaan dat dit so gaan by NaTIS as mens 'n oproep kry wat vra dat jy teen 'n betaling (bribe) jou lisensie kan kry (fooi van N$3 000 is al genoem). Dan maak dit nie eers saak of die persoon nog 17 is nie. Dit verklaar hoekom dit so gaan op ons paaie.
Die Social Security-kaart van Onesmus Haimbodi en Panduleni Demas se ID-kaart is opgetel by die kitsbank by Dunlop Tyres. – 081 242 6060

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie