WhatsApp 2 Augustus 2021
WhatsApp 2 Augustus 2021

WhatsApp 2 Augustus 2021

Dani Booysen
Ek is op 17/07/21 in die Katutura Respiratory Unit opgeneem en my suurstof-levels was 36. Ek wil dit net noem, ek het baie baie goeie diens daar gekry. Hulle het hulle alles ingesit om my gesond te kry. Mediese personeel, julle is voorwaar tops. Julle plek is baie, baie skoon, julle kos was heerlik, julle is die beste! Mag God se genade julle net tot beter en beter lei. Hou so aan.



As SARU-direkteur stel Rassie Erasmus nie 'n goeie voorbeeld aan spelers oor hoe verloorders moet optree nie. Sy optrede op sosiale media is soos die van 'n baba wat sy speelgoed uit die wiegie gooi. Nee man, in enige sport is daar beslissings waarmee spanne nie saamstem nie. As jy wil kompeteer, moet jy leer om dit te kan hanteer.



Prof. Herman Beyer – ek sukkel maar erg om my opregte waardering vir jou artikeltjie van 30/6 uit te druk. Dit was genotvol, insiggewend en "saterdag-lekker". Dankie - en ­sukkel so voort! – R H



Ek het 20 voor 7 vanaand (Saterdag) die Fire Brigade gebel om 'n brandende berg te rapporteer, en niemand het geantwoord! Ek het gelui en gelui en gelui, twee keer gebel en net niemand. Wat as dit nou my huis was? Sit ek dan nou met 'n sak gebrande patats? Is dit die standaard van First Responders? Skandalig.



Nuwe reëls is weer ingestel vir Covid-19 en party ligter gemaak. My vraag: Hoekom kan gims nie oop wees net soos haarsalonne; geen afstand. In gims oefen persone uitmekaar, met maskers, sanitize hande en al die instrumente waarmee jy oefen. Hoe moet mens gesond bly? Dit rym vir my glad nie. Wat sê ander persone? Teleurstellend!



Paulus Noa sê Namibië is een van die mins korrupte lande in die wêreld a.g.v. sy leierskap van ACC. In watter land en wêreld leef hy? Cuckoo-land?



Soo hartseer oor vandag se kinders se maniere en waardes wat verlore gaan. Status, as ek dink ek het 'n hoë pos, verdien baie geld, ry 'n mooi kar, kan ek maar met ouer persone praat soos met my maats. Jammer, jy is nie koel nie, jy is blatant onbeskof. Wat jy bereik en is, is net genade. Behou jou respek. My kinders weet wanneer is dit “oom” of “tannie” of “u”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!