WhatsApp 2 September 2020
WhatsApp 2 September 2020

WhatsApp 2 September 2020

Dani Booysen
Baie geluk met die pragtige gedenkblad oor Oom Dirk Mudge. Dit is mos hoe Namibiërs dinge doen: ordentlik. – R H

Môre môre Office of the Prime Minister en Anti-Corruption Commission. Ek vra my self hoekom moet skole nou oopmaak terwyl die Covid -19 gesinne en families verskeur. Lat net graad 10, 11 en 12 gaan. Die virus maak dood. Moenie die skole oopmaak, kyk na ons klein kinders, in God se naam. Van Groot-Aub.

Die Swapo-regime se verandering van Namibië in ‘n grendelstaat onder toesig van die korrupte WGO is ‘n bewys van die Swapo-regering se sosialisties, kommunistiese inslag. Dit het slegs ten doel om die bevolking te verdruk. Die kuur is erger as die valse virus.

Geen geldige regsgronde bestaan om nie borgtog aan die Fishrot-aangeklaagdes te verleen nie behalwe om die betrokkenheid van Swapo self en ander hoë politici by die bedrog stil te hou. Hulle is nie vlugrisiko soos beweer word nie.

Viskwotas vir meer as N$600 000 000 verkoop. Waar dink julle gaan die geld WEER heen? Burgers van Namibië sterf van honger en nie van die virus nie. Regering, verduidelik asb. ook “oorlede aan corona-verwante simptome”. Met ander woorde, as iemand MIV het, TB of kanker en hy/sy sterf, word dit onmiddellik as Covid-19-sterftes geklassifiseer? Los julle ondersteuning van Donald Trump. #savenamibians - save our jobs, save the people.

Die hele wêreld staan saam met die “Black Lives Matter”-veldtog, maar Namibië?

Sien kinders langs die bypass net na Van Eck in noordelike rigting wat ‘n klein bobbejaan rond sleep en met klippe gooi. Ek draai om en gaan stop daar. Ongelukkig is die arme ding klaar dood en die volwassenes het niks gedoen nie. SPCA het al voorheen sulke oproepe gekry, maar met die taalgaping sukkel mens om die kinders en volwassenes te ondderrig in dieremishandeling en respek vir lewe. Dis so hartseer om te sien ‘n dier moes met sy lewe betaal vir die genot van ‘n paar kinders. Ek kan nie help om te wonder of dit so sou wees as die kinders toegelaat was om skool toe te gaan in plaas van langs die paaie rond te lê met ydele hande.

Revenue from Fishing Quota auctioning:

We are glad that the Government is boasting with surpassing the targeted income made from the auctioning of the controversial Government objective share of the fishing quotas.

The pivotal question is how is the Government going to spend it usefully and/ or is it again as usually destined for the well-connected elite thieves? Compatriots let us please collectively and jealously guard against the embezzlement of this N$629m.

We are more interested in the public announcement of the new fishing right holders, as H.E. The President, Dr. Hage Geingob had directed on numerous occasions. We want to witness transparency to regain faith and trust in our elected representatives. – BAB

Ons is nou siek en sat vir die aanhoudende kragonderbrekings in die omgewing van Finkenstein en Kapps Farm. Waarom word ons geforseer om ekstra belasting te betaal as lewering van basiese diens, bv. toegang tot elektrisiteit, soveel te wense oorlaat? Dan is daar ook nog die skade aan ons elektriese toebehore a.g.v. die krag-onderbrekings. CoW en NamPower moet hul standaarde regkry!

Concerned SME's: Hardap Regional Council is a joke where you find a security tender is advertised for one week and thereafter running for six months and after expiry being extended two, three times and that same tender is supposed to run for two years. We don't know who's fooling who and everytime is it the one and the same Mariental buddies who is benefiting from those tenders #smellingtenderrot

Ek verstaan nie. Op Aranos was dit nog die hele tyd net tien mense by ‘n begrafnis, maar die Station Commander het die polisie se families toegelaat om meer as tien te wees. Vir ons het hulle gaan uitgejaag. Ek is diep teleurgesteld en dan kry jy die amptenare wat op mense se koppe rumoer, maar daaraan word ook niks gedoen nie. Gochas-polisie behandel almal dieselfde, maar nie hier op Aranos nie. Kamp ons in dieselfde kamp. En hoekom moet ene ook met die traffic kar rond kuier maar die ander mense trek na 5 die kar by die huis in en beweeg met hul voertuie rond.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer