Die soldaat/soldate van NDF wat lede van die publiek aangerand het. Dit is baie maklik om hulle op te spoor. Elke weermagvoertuig behoort 'n logboek/”trip authotity” te hê, wat aandui waarheen en hoekom dié betrokke voertuig op pad was. Nou kan die miltêre polisie of bevelvoerder aan diens maklik opvolg wie daardie betrokke dag om 10:50 die bestuurder van daardie voertuig was. So kán die skuldiges opgespoor word.
Wil net graag almal se mening hê oor 'n sjebeen op Kombat wat op Cassingadag en Sondag weer 'n drankpromosie gehou het. Hul respekteer nie eers 'n sabbatdag nie. Studente en ander mense kom van heinde en verre en kom drink daar en is dan op ons paaie. Dink net aan die onskuldige mense wat in ongelukke omkom oor die wat drink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie