WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Ek wil mense aanraai om met die volgende verkiesing jou CV en huisaansoek in die stemboks te gooi aangesien politieke partye baie beloftes maak ten opsigte van werk en behuising. – Mogamat Salie Saban



Kan die president asb. vir me. Ithana terugbring by Home Affairs voordat alles daar in duie stort. Hoe gebeur dit dat 'n land nie vir sy inwoners paspoorte kan uitreik nie? Wat nog? Waar 'n rokie is, is daar 'n vuurtjie. “Geingob en Lubowski se vrou kap mekaar”, Republikein 20-06-2019. Interessant die woordewisseling tussen Gabrielle Lubowski en President Geingob. Die spreekwoord sê die hoogste bome kry altyd die meeste wind. Die storie agter die storie sal baie interessant wees. Hoop die koerant sal ons op hoogte hou.



1 000 hoera's vir Kaaronda (Nanlo). Groter waarheid as dit wat mnr. Kaaronda in die koerant sê, kan daar nie wees nie.

Die 2% bedelplan, of dit vrywillig is of nie, dit is onverantwoordelik en moet geensins verwelkom word nie. As die hulpbronne wat in plek is reg gebruik word, sal sulke probleme nie opduik nie.

Die waarheid is Chinese maatskappye en burgers neem oor, en word deur die regering verwelkom in Namibië. Volg dit op, kyk of hulle die wette van Namibië nakom veral by die indiensneming van werkers. Nee, vir seker nie, en hoe kry hulle so maklik werkspermitte terwyl ander buitelanders maande/jare lank sukkel om dit reg te kry. So koop die Chinese die een plek/besigheid/myn na die ander, en so kry hulle voet in die deur, en neem dit oor wat aan die Namibiërs behoort. Hoe lank nog voor die eerste Chinese burger in die Parlement gaan wees?

Grondhervorming. Interessant dat 80% van plase in die hande van mense beland het wat nie daarvoor kwalifiseer nie, want hulle het nie voorheen, en val ook nie nou onder die benadeelde Namibiese groep nie. Die plase het in die hande van die “politieke elite en hulle vriende” beland. Hoe en hoekom?

Baie dankie mnr. Kaaronda vir die nuuswaardige inligting.



Kaaronda, as jy eerlik is met wat jy sê, sal ek vir jou stem. – Wanda Richter



Basterbul, ek kon nie anders as om lekker te lag oor jou beskrywing van die Chinese ambassadeur in ­Namibië nie. Die man het my darem al self warm om die kraag gehad. Hand om die blaas met sy "­comrades" in Namibië. Mense, skrik wakker, China is kommunisties. Glo nie aan die Hemelse Vader. Aanbid geld en mag. – Anti-kommunis



We are not a poor country - but a poor managed country. Die wyse woorde van 'n dierbare Damara vriendin. In Woensdag se uitgawe lui die hoofberig dat daar geen geld vir ons land se jong sportmanne en -vroue is nie, maar in 'n ander sportberig word vertel van die miljoene aan 'n sokkerspan! Ek kry nie die kloutjie by die oor nie? Waarom skole, wat ons land se toekoms huisves, oor die hoof sien? Waar en hoe wil ons in die toekoms internasionaal mededingend wees? Namibiese grootbase, vertel ons asseblief.



I want to take this opportunity to express my gratitude to Mr Warries from Bradlows Okahandja. This is the type of people we need in Okahandja. He certainly keeps your company's name high. I had the privilege to meet him at your branch recently. Mr Warries thank you for the way you handle tough situations and treat us as customers with the utmost respect. Keep up the good work.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer