WhatsApp 23 Julie 2021
WhatsApp 23 Julie 2021

WhatsApp 23 Julie 2021

Dani Booysen
Augetto sê: "Help om die wêreld te red, asb!” Augetto, ek stem 100% saam met jou. Moeder Aarde is gatvol vir ons ­mensdom. Kyk hoe baklei sy terug. Brande, vloede en soos nou, pandemics. Ons hartelose, selfsugte, korrupte, haatlike mensdom hoort nie hier nie. Ons waardeer niks! Ons sal ons eie mensdom uitroei vir selfsug. Ek sien geen goeie uitkoms vir ons as mensdom op hierdie pragtige aarde as dit so aangaan nie. En tog word ons almal deel van haar as ons die dag sterf (sonder enige aardse besittings). – Hartseer



Die regering moet asseblief nie meer Chinese entstowwe ­(Sinopharm of Sinovac) aankoop nie. Dit is 'n vermorsing van geld. Die entstowwe is nie effektief ­genoeg teen die Delta-variant nie. Dit is nou regoor al die lande bewys wat daarmee gespuit het. Die infeksiesyfers styg steeds en mense beland in die hospitale of sterf, selfs na 2de spuit. Lees asb. die nuutste data oor hierdie spuite. [Nuwe navorsing in Sri Lanka het bewys die Chinese entstof is in 81% van gevalle doeltreffend teen die Delta-variant. – Redakteur]

Die Pfizer is 10 x meer effektief teen die Delta-variant. Die Pfizer word ook eerder aanbeveel vir vroue onder 40 of 50 a.g.v. bloedklonte (trombose) wat deur AstraZeneca en J&J veroorsaak word. Die nuutste newe effekte van Astra en J&J is Guillain-Barré-sindroom. Al is die persentasie nie so hoog nie, bly dit maar 'n risiko. Kry asb. Pfizer. Die spuit is die effektiefste met die minste newe-effekte.



Wil net baie dankie sê aan drs. ­Jacobs & Oberholzer en personeel by Keetmanshoop-spreekkamers. Baie dankie vir die opoffering en harde werk wat julle doen. Baie sterkte vir julle almal daar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!