WhatsApp 23 September 2021
Snaaks hoe die "conspiracy theorists" se aanslag begin waar word. Minister Shangula en Namibiese delegasie het op pad na die VN se Algemene Vergadering agtergekom slegs inentings van sekere relevante publieke gesondheidsliggame en lande is welkom in US - New York. Hy beskuldig hulle nou van inentingsnasionalisme, waar glo politiek betrokke is, glo geen twyfel daaraan nie... Inentings met Sputnik, Sinopharm en Sinovac word nie aanvaar in die "spesiale lande" nie. Amerika erken slegs inentings met Phizer of Moderna of Johnson & Johnson twee weke voor aankoms. Nou wonder ek redelik oor mev. Geingob se inenting en hoe sy in Amerika gaan kom. Was dit dan nie soos haar program se inentings met Sputnik, Sinopharm en Sinovac nie?
Jammer, maar ek moet vandag kla, spesifiek or die eienaars met agterstallige waterrekeninge. Die mense sit met geld of kan 'n betaling maak, maar gee corona skuld en as die munisipaliteit optree en sny, wat regverdig is, dan word die arme werkers met die dood gedreig. Mense, tree verantwoordelik op en betaal jou rekening. Die munisipaliteit moet vir NamWater en NamPower betaal sodat ons gemaklik kan lewe. Groot asseblief huiseienaars, besighede van Keetmanshoop, doen die regte ding en maak reg wat verbrou is, betaal die water- en kragrekeninge.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie