Lesers, pas op vir skelms. Hulle maak asof hulle 'n finansiële bydrae wil maak by 'n familiebegrafnis. Hulle kry ons nommers in die koerante as ons doodsberigte plaas. Ek het N$190 lugtyd op hierdie nommer (081 642 6698) gestuur, gedink dis my niggie se tweede nommer, want "sy" het dringend "air time" gesoek. Ek het die geld verloor. U ken tog hoe besig raak 'n mens tydens begrafnisse en in daardie warboel maak ek die grootste fout. Die tweede (081 337 0654) bel en oortuig my dat hy "familie" is wat anderkant Okakarara boer. Hy wil vir my geld op ewallet stuur en ek ontvang die "boodskap" op my foon (van hom) dat N$4 000 inbetaal is. Onmiddellik daarna bel hy en vra dat ek hom N$2 000 moet terugstuur, want hy het 'n fout gemaak. Ek het dadelik kwaad geword en hom gewaarsku om sy jakkalsstreke te stop en dit was die einde van alles. Pas op my mense, hulle het altyd 'n plan.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie