WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Hoekom forseer die inspekteur en skoolhoof kinders en onderwysers om skool toe te kom terwyl hy weet wat die situasie is op die grond. Die pyp wat water aan Okahandja verskaf, is vir die tweede keer weggespoel. Wat doen die streeksraad omtrent dit? Help julle dan nie die kinders en onderwysers nie? Waar moet hulle toilet gebruik? Dink hulle nie aan die kinders se veiligheid nie? Ons het ‘n krisis op ons dorp. Kinders en onderwysers moet in onhigiëniese toestande skool toe gaan. Seker infeksie kry. Hoe nou? Hoekom is hulle nie menslik nie? Ander skole se kinders is tuis. Wat maak hulle so spesiaal? Dink aan die gesondheid van onderwysers en kinders.

Otjiwarongo: slaggate in strate. Hoekom is die strate nie al Januariemaand of vroeër al herstel, voor die reëntyd nie? Daar waar ons gesien het iets is herstel, word iets in die gat gegooi met bietjie teer oor. Die kanse is nou dat mens jou kar (veral kleiner karre) lelik kan beskadig, want die water lê in die gat en as jy daardeur ry, is dit ‘n yslike gat – waarvan jy nie die diepte kan peil nie. Een van die dae gaan Otjiwarongo se strate nes Okahandja s’n lyk. As dit nie al die geval is nie. En die reëntyd is ver van klaar af.

In antwoord op die leser wat vra wat die reeks ligte in die hemelruim was: Elon Musk se trein satelliete. Kyk by www.space.com/amp/see-spacex-starlink-satellites-in-night-sky.

Republikein, kan julle ons nie bietjie terugvat na die 70- en 80’erjare en meer oor Melvin Titus en Connie (Babbetjie) Campbell se kaskenades en flambojansie vertel nie?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!