WhatsApp 29 Julie 2020
WhatsApp 29 Julie 2020

WhatsApp 29 Julie 2020

Dani Booysen
Ek verwys na die berig op bl. 1 “Kusdorpe soek hul vryheid” waar die polisie gewaarsku het dat die byeenkoms van meer as 10 onwettig is volgens Covid-regulasies. Die foto wys ongeveer 350 mense ver uitmekaar in die buitelug. Op bl. 3 is die berig “Party hou introspeksie” waar 200 mense in 'n toe vertrek vergader. Dit is blykbaar wettig. Wat is die logika hier in die lig van wetenskaplike insette oor beperking van die virus? Het ons hier te doene met mediese of politieke probleem? Groete uit Swakop. – Christo Weder



Waarom is die DBV of selfs Peta (People for the Ethical Treatment of Animals) so stil rondom die barbaarse wyse waarop Jack, die bobbejaanbaba, se lewetjie kortgeknip is. Ek kan my nie indink dat die MET nog die vermetelheid het om, ironies genoeg, te verkondig dat dit in die beste belang van bewaring (die bobbejaantjie) was dat hierdie babatjie in die natuur vrygelaat moes word nie. Wie of wat is nou “bewaar”? Kolskoot, oorle Oupa, toe jy gesê het: "Jy sê geleerdheid is duur. Probeer 'n bietjie onkunde, da' kom vertel jy my weer."



Two week old baby raped by father in Rehoboth. There are so many words that can describe this abominable act but the best one that comes to mind is heinous. Every single time that I think of this despicable act carried out by the father whilst the mother was present I become physically ill. There will be no proper justification on earth but they will both have to answer to God one day. – Nina, Swakopmund



Liewe Vader, bring tog vir dr. Haufiku terug. Dr. Shangula probeer alles verpolitiseer. Luister na Neville André en Knowledge Iipinge. Waarvoor sit en wag vir 'n kastige amptelike verslag? Watter bog. Mense verloor lewens en daar moet gewag word op jou amptelike kanaal se verslae. Oorhandig die taak oor aan 'n jonger persoon.



The Agriculture and Land Reform Minister, Hon. Calle Schlettwein has a daunting task to investigate the continuous corrupt allocation of resettlement farms in the country. There are allegations that some members of Regional and National Land Reform Committees are being paid up to N$700 000 in bribes for cantankerously corrupt allocation of allotment meant for every Namibian from which everyone is supposed to benefit. This nonsense must come to an end. Where there's smoke their is a fire. – BAB, //Kharas



Ek wil graag die naam noem van 'n jong dame wat bereid was om die ekstra myl te loop. Op 21 Julie moes Zimanta, hoop die naam is reg, van Bank Windhoek 'n vorm bring om te teken. Ek het 'n waterkrisis gehad, kraan oopgelos, en later was sy by my hek om te hoor of sy kan kom help. My hart is so trots op so 'n jong dame wat bereid was om te kom help.



Job Amupanda wil ook nou vir die komende verkiesings staan. Wat 'n grap, vernaam in die lig dat hy laas keer derduisende liggelowige, beïndrukbare, oningeligte en niksvermoedende jongmense agter hom afvallig gemaak het net om hulle na Swapo terug te lei.

Daarby was die nuus vol van dié drie musketiers wat groot erwe op Hentiesbaai en elders sou bekom het. Wat het húl navolgers gekry? Sover ek weet, absoluut niks nie!

Amupanda se duistere motiewe is dus alles behalwe edel en opreg en net op selfverryking en versterking van die Swapo-stem gerig. Hy het lankal ons respek verloor.

Wie sy verskuilde agenda vergeet en steeds agter hom soos 'n skoothondjie aandraf, wil seker maar 'n slaaf en 'n gedienstige gelowige van die leuen van herhaalde leë beloftes en duistere hoop wees. - Rooi Olifant



Stem saam oor vreemde voertuie. Of jy van Walvisbaai of Swakopmund af kom, by die blokkade by Myl 8 op pad na Henties gaan jy net deur. Van daar kan jy kies tussen Henties, Uis, Khorixas, Maltahöhe of jy kan reguit van Henties af Usakos toe met die grondpad. Geen blokkades.



Aranos Swapo hou julle dobbelspeletjies vir julself en los ons LPM plaaslike leiers uit. Los jul probleme self op, moenie na LPM-leiers toe hardloop vir oplossings. Mense, kom LPM toe sodat jul menswaardigheid restoreer kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!