WhatsApp 29 Maart 2021
WhatsApp 29 Maart 2021

WhatsApp 29 Maart 2021

Dani Booysen
Ek stem saam met die leser oor die dadels, 80% word uitgevoer na die buiteland en 20% na SA. Ons sien en kry niks van ons eie land se produk op ons winkelrakke nie. Hoe werk dit? – Petra Fourie

In vandag, 26 Maart, se koerant skryf Willem de Wet die presiese woorde wat by my ook opgekom het. Hy slaan die spyker op sy kop. In my 76 jaar hier in my geboorteland het dit nog nooit so sleg gegaan nie. – Wanda Richter

My eie mense, ons wat in Groot-Aub plek kry, het baie problem met Groot-Aub se vervoer, ons eie busse. Ons kan nie meer daai 1 000 tot 1 200 dollars betaal nie. Kom ons gaan na Windhoek lat City of Windhoek opstaan vir Groot-Aub, vir die gemeenskap en mense. Ons van Groot-Aub soek ‘n bus van City of Windhoek of ‘n groot vergadering met ons van Aub. Groot asb. En ons cancellor van Groot-Aub, kom sit saam met ons.

Wat gaan aan in Okahandja se Veddersdal? Drugs en net drugs. Waar is die privaat speurders of drug polisie? Dit gaan woes in Veddersdal. Kan die polisie ons asb. in Veddersdal help met die rokende kinders. Hulle is ‘n jong groepie en is bekende mense se kinders. Die ouers dra ook kennis dat hulle kinders rook maar help hulle kinders nog. Ons is moeg. Ai, maar kla help nie want die polisie kom koop en rook ook saam. Shame Nampol.

Rehoboth: ek stem saam met boodskap van 25 Maart. Jong meisies met getroude mans, dis nou te erg. Dan ook getroude vrouens met jong mans. Dis net so ‘n groot gemors. RHB is so mooi dorp maar wat daar aangaan gee die dorp 'n slegte naam. Mense, stop en gaan terug na die Here want wat jy saai sal jy maai. Ek sê maar net.

Helena van NaTIS Lüderitz is 'n voorbeeld van hoe aanhoudende, vriendelike en effektiewe dienslewering kliënte kan beïndruk. Ander NaTIS-kantore kan gerus hier kom kers opsteek. Wel gedaan!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!