Die 2019 verkiesing is verby. Wat 'n verassing was dit nie dat Swapo nie weer 'n tweederdemeerderheid kon maak nie. Dit is baie goed, maak nie saak watter party regeer nie, solank daar 'n sterk opposisieparty is om te kyk dat geregtigheid en eerlikheid die antwoord is. Die grootste skok is dat +/-40% van Namibiërs nie gestem het nie. Jammer, want dit kon die prentjie nog meer verander het. Ek wil net sê aan die wat nie gaan stem het nie: asseblief, moet nie kla as daar regeringsbesluite gedoen word waarvan julle nie hou nie. Moet nie kla of opmerkings maak nie, jy het nie jou kant gebring nie. Leef saam met jou besluite. Baie geluk en sterkte aan dr. Itula en mnr. Venaani, ons sien uit na verandering en verbeterings in regeringsbesluite oor ons mooi land. – Trotse Namibiese burger
Goeiedag aan u, President H. G. Geingob. As 'n Namibiër is ek baie teleurgesteld in u. Korrupsie is 'n groot euwel. Is u 'n leier? Of word u gelei? Ek vra maar net . . . Hoekom kanselleer die land en sy mense nie die verkiesingsuitslag van 27 November 2019 nie? Kom ons stem almal oor sonder die EVM's. Bring die papierstembrief terug 'seblief. Bekommerde Namibiër

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie