WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Woensdagaand by Omaruru se munisipale inwonersvergadering oor die waterkrisis is die volgende gesê. OM inwoners: Mev. die Burgemeester, julle draai die waterkraan al hoe stywer toe. Ons het net 2 ure in die oggend en 2 ure in die aand water. Wanneer word die waterpompe en Kransberg-waterpypyn herstel? Mev. Burgemeester: As julle water wil hê, sit 'n watertenk op. Laat my dink aan Adam Small se gedig oor toe die Kaapse woonbuurt oorstroom na swaar rëen en die inwoners gaan kla, toe antwoord die regering: Move to higher ground!

Ek is baie teleurgesteld in ons Ministry of Heath and Social Services. By Khomasdal kliniek behandel hulle net 15 pasiënte per dag. Terwyl jy al 7 uur die oggend daar gaan staan, wys hulle die res weg, en dis die sekuriteitswag wat die mense weg wys. Wat is sy rol by die kliniek? Dit was langnaweek en baie van die pasiënte was vrouens en klein kinders.

Now Rukoro is labelled as a tribalist,­ while the same Government are promoting tribalism. The Awaambo people are the only people benefitting in all aspects in this country: tenders, land, bursaries, grants, jobs, you name it. What about the other tribes? Other tribes feel frustrated and left out. It is there for all of us to see. Why victimize Rukoro while he is talking the truth?

Vriendin van my het nou vir die 3de keer vir haar lisensie gaan probeer uitpasseer. Die toetsbeampte soek foute wat sy nie eens gemaak het nie. Dit veroorsaak dat mense sonder lisensies ry van moedeloosheid en geld spandeer. Sy ry regtig goed. Ek is saam met haar moedeloos. Hoekom kan sy nie gehelp word nie. Sy het 100% vir haar leerlinglisensie gekry.

Graag wil ons, Brunhild en Roland Coetzee, baie baie dankie sê vir dr. Weber, dr. Smit, dr. Du Plessis, dr. Morkel en die kraamafdeling van Rhino Park Hospitaal vir alles wat julle vir ons gedoen het met die geboorte van ons babadogtertjie Royanna op 12/8/16. Die woord "dankie" is so 'n klein woordjie, maar het so 'n GROOT betekenis, veral as dit uit opreg dankbare harte kom. Mag ons Hemelse Vader julle seën en mag Hy julle altyd gebruik as instrumente vir Sy wonderwerke. Vreeslik baie dankie. Groete en Seën.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!