WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Is die Namibiese nasie onnosel? Hoe kan jy gaan stem vir die einste mense wat besig is om die land vir die afgelope 29 jaar te verniel? En die bewyse is ooglopend sigbaar, bv. Fishrot, Social Security, Kora, GIPF. Hoop net die buitewêreld neem kennis hiervan sodat hierdie mense op die hoogste vlak in Den Haag ge-prosecute word, want ons almal weet die Namibiese justisie gaan niks doen. Genoeg is genoeg.



Met verwysing na voorbladnuus oor die gedugte SA regspan, wonder ek mos nou of hulle dan nie 'n werkspermit nodig het om nou hier te verdedig en geld te verdien nie? En wat van import VAT on services?



Die stadsvaders en stadsmoeders van Swakopmund, dankie dat julle soveel moeite doen om die sy­paadjies en eilande by die interseksies so mooi te maak met interlocks. Groot asseblief, die huiseienaars woonagtig te Melvinstr., Aloestr. en Nelkenstr. vra dat die drie strate ook ge-interlock moet word. Ons was die eerste mense wat huise gebou het in die strate, maar na verdere ­uitbreiding van huise in die ­woonbuurt is alle strate ge-interlock, en die strate genoem steek heel af by die res van die woonbuurt. Ons dank julle by voorbaat vir hierdie dienste.



Honger en hartseer veroorsaak deur onwettige dobbelmasjiene:

Geagte minister Pohamba Shifeta, reeds meer as een jaar gelede is 'n belofte gemaak dat hierdie euwel gestop sal word. Reeds vir jare is die 20 000 plus onwettige dobbelmasjiene en ongelisensieerde dobbelhuise 'n groot probleem in ons land. Hierdie onwettige dobbelhuise en dobbelmasjiene is die oorsaak dat honderde kinders honger en koud gaan slaap. Vir hoeveel maande en jare moet dit nog so aangaan?

Daar is altyd geld vir suip en dobbel, maar nooit is daar geld vir kos, water en krag in baie huise is nie. Die probleem was al gerapporteer aan Nampol asook aan die ACC, geen antwoord nie behalwe die beloftes.

Geagte minister, asseblief, hoekom wag tot die nuwe wetgewing in plek is? Dit kan mos nou stop, die ou wetgewing is mos nog in plek. Asseblief meneer die minister, ons, die publiek, sal al hierdie onwettige dobbelhuise en dobbelmasjiene vir julle uitwys, en kan ook 'n paar name gee van die eienaars van die onwettige dobbelmasjiene.

Behalwe die onwettigheid rondom hier die euwel, beland die geld direk in die sakke van die eienaars, geen belasting word betaal nie. Is dit nie ook 'n manier van “geldwassery” nie? Asseblief, plaas tog vir ons 'n telefoonnommer en 'n plek in die koerant waar ons hierdie onheil en bedrog kan rapporteer.

- Hartseer en ongelukkige Namibiese burger



Isn't it strange? I thought a lawyer was a learned person that you go to to prove that you are innocent. But then you should take one that runs if he hears your assets have been frozen. Not one that wants to make money out of stolen property?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!