WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
So wanneer beplan ons regering om wakker te skrik en vir sy burgers betroubare Covid-entstof aan te koop? Dalk neem die skokkende Fishrot-onthullings te veel van hul aandag in beslag en kan hulle nie twee dinge op ‘n slag doen nie?

Ek is bekommerd oor hoe Okahandja se mense die Covid-19-siekte hanteer. Mense loop sonder maskers rond en sit die bars vol. Die polisie moet gaan kyk hoe lyk dit by drinkplekke in Nau-Aib. Die polisie doen nie hulle werk nie.

Die persoon wat kla oor die rugby op Hartklop FM. Ai tog, skakel net jou radio af, dan hoef jy nie daarna te luister nie. Maklik nè.

Mense, ons vra mooi dat die regering vir Willem de Wet help dat die rivier in Mariental skoongemaak kan word. Skande. Van 2002 se eerste vloed het hul nog nie eers een boom kom uithaal nie. Ons kry geen versekering nie. Jy leef in vrees. Asb., ons vra mooi.

Willem de Wet se skrywe in 14 Jan. se nuusblad. Dis ‘n goeie plan vir Hardapdam. As dit kan uitgevoer word. Dis die vraag.

Hierdie skrywe (oor Hardap) moet deur die media gedryf word, want dit is die oplossing. Kan julle dit asb. nog meer opblaas, sodat dit onder die regering en Local Authorities se aandag kom. Dankie by voorbaat. Julle bly tops met nuus.

Wow Republikein. Dis fantasties om die koerant via WhatsApp te ontvang. Uitstekend.

Baie dankie, nou kan ons op die plaas ook lees.

Belangrik: Ons het die afgelope twee dae ons koerant en daaglikse invoegseksies in PDF-formaat met ons kontakte op WhatsApp gedeel. Dit is ‘n tydelike diens. Laat die Telegram-toep af op jou selfoon en/of rekenaar en volg Republikein op Telegram om voortaan die diens te gebruik.

Ek wil net noem ons polisie het (op 7 Januarie) 2 rowers in ‘n taxi buite curfew-ure afgetrek. Hulle kry alle tools vir inbreek, en onwettige pistols in die taxi. Die 2 passasiers word aangehou, maar die ongeregistreerde taxi word laat gaan. Namibië se polisie moet tog wakker word asb.

‘n Groot boom het geval in onderwys met die heengaan van Dirk "Pyps" van Neel. ‘n Onderwyser in murg en been. As kollega sal ek jou mis. Jy het diep spore getrap ou maat. Dink aan Bella Cupido, Theo Namases, Ronnie Rieth, Late Charles, Fred Philander, e.a. Ook dink ek aan leerlinge soos Spiegel e.a. wat deur sy hande gegaan het. Te veel om op te noem. Dan was daar ook sy hoofskap op Baumgartsbrunn, sy uithelp aan die kus. Sal hom mis vir vele advies en net om te sosialiseer. Rus sag ou maat. – David Groenewald

Mev. Ahrens (brief 21 Januarie), baie dankie vir jou omgee en liefde vir diere. Wens daar was meer van jou soort. Ons nasie is baie wreed as dit kom by diere en kinders. Hoop mense het nog ‘n gewete en genoeg liefde om op te tree teen hierdie mense. – Diereliefhebber

Jurie Viljoen se brief oor ons paaie. Dankie Jurie, ons paaie vergelyk goed met SA s’n.

As ek laat in die nag ry en die robot is rooi, stop ek tot dit groen is. Ek het nie genoeg kennis of agtergrond om oor die korrektheid of sinvolheid daarvan te argumenteer nie. Ek stop, want dit is die wet. As ek in openbare plekke ingaan, dra ek my masker. Ek het nie genoeg kennis of eksperties om oor die korrektheid of sinvolheid daarvan te argumenteer nie. Ek dra dit, want dit is die wet. – R H

"Duisende as jy nie masker dra". Darem 'n belaglike spul boetes. As die regering hulle op ander plekke moet wette toepas, is hulle nêrens te vinde nie, maar met belaglike wette maak, is hulle altyd gou. Die mense het skaars geld om brood te koop, hoe gaan hulle die boetes betaal? Wat 'n sirkus, met klomp narre? Vir belangrike wette het die Swapo-sirkus nooit tyd nie.

Where was Peter Nevonga all these years, and now that Job Amupanda takes on GIPF, he is all of a sudden vocal. Revisit the Pension Fund Act and GIPF rules. It only benefits the fat cats.

Okahandja-polisie neem nie die curfew ernstig nie. Die mense loop op straat na 9 uur, veral in Nau-Aib en Veddersdal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!