Die program (TIP) wat deur die presidentsvrou bekend gestel is waarmee leerlinge gehelp en ontwikkel word, is ’n voorbeeld van positiewe ontwikkeling in die gemeenskap en kan net ondersteun word. Ek dink dit is fantasties. Hierteenoor staan NEEEF wat absoluut negatief en teenproduktief is. In plaas van bou, word afgebreek wat geskep was. Ek dink die regering kan maar kennis neem van die brief van Robin C Raines, “Stop this curse called NEEEF”, soos verskyn het in Republikein. Kom met positiewe oplossings in plaas daarvan om soos ’n volstruis sy kop in die grond te druk en teen ’n deel van die bevolking te diskrimineer.
“Finansiële vakbond soek NSFAF se bloed” - Baie geluk me. Asnath Zamuee dat u u mening lig oor die studentegelde. Hierdie is wanbestuur en verkwisting. Hierdie hoofde moet nie net afgedank word nie, maar hulle moet die geld terugbetaal. Neem nou net ook die storie van al die miljoene dollars se lenings wat toegestaan is aan studente en nou is die rekords verlore. Onverantwoordelikheid aan die orde van die dag.
Wat het geword van daardie 600 miljoen saak van die GIPF? Ons hoor niks meer daarvan nie.
Hoe is dit dan met Walvisbaai se polisie dat hulle nie die veghonde se eienaars kan vastrek nie? Ons Erongo polisie was nog altyd tops en ek het respek vir hulle. Kan ’n mens dan so aaklig wreed en gevoelloos wees om ’n hond se tande te trek sodat hy homself nie kan verdedig nie? Die dier se grootste vyand is die mens. Ons bly tog in ’n beskaafde Namibië.
Elvira Hattingh se “Sê maar net” met die titel “Honger? Jammer landbou is vermoor” spreek die grootste probleme en gevare in dié land aan, waarvoor daar nie aldag begrip is nie. Ek dink almal kan kennis neem daarvan - ook die regeerders. Dankie Elvira dat jy probeer om mense se oë oop te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie