WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Kan iemand asseblief vir my verduidelik. Hoekom moet ons belasting op die huur van ons posbusse betaal?

Ek wil graag weet. . . Ek verstaan dat daar gaan aptekersraad in Namibië is nie. Regtig? Is dit dalk dan waar dat enige medisyne, aptekersmedisyne, sommer so op elke hoek van Katima se stofstrate te koop is? Seker ook baie goedkoper as die plaaslike apteke? Ek neem dan ook aan dat dit nog glad nie bekend is aan die regering nie, want dan sou ten minste die mediese raad iets daaraan gedoen het, nè? Omdat dit baie gevaarlik is. Hoërisikopasiënte koop en gebruik die medisyne, sommer so van die stowwerige strate af. Dalk kry hulle allergiese reaksies en dagvaar dan dalk die vervaardigers van die betrokke medisyne omdat hulle nie die teenaanwysings kan lees nie. Dalk is die inligtingsblaadjies nie eens beskikbaar nie, maar as daardie maatskappye die medisyne aan die stowwerige apteker by sy stowwerige apteektafel in Katima se stowwerige strate wil verkoop, moet hulle maar bereid wees om stowwerige eise uit te betaal. Wonder maar net wat mense nog als vir mammon gaan doen, nè? (Namibië het ‘n aptekersvereniging wat verteenwoordig word op die nasionale raad van gesondheidsberoepe. Die raad se termyn het soos berig verstryk en nuwe lede sal vroeg in Oktober ingesweer word. – Redakteur)

"Acts of negligence shall be punished. We must listen to patients, not our arrogance and stubbornness. . ." Thanks Hon. Haufiku, Minister of Health. I hope you make a surprise visit to Groot-Aub clinic to see the attitude and arrogance of some administration staff and some health extention workers who behave as if they are nurses or doctors themselves. Go and study if you want to become a doctor or a nurse, and stop daydreaming. Don't try to show how small, insecure and inferior you feel by talking to us patients like you want to. Show respect and most of all, be professional. Some of you even tell us to go and report you, wherever and to whoever we want to report you to. You still have a long journey, so be careful.

Die leser wat die daling in Christenskap-syfers oor dekades heen betreur. Dis darem net te maklik om dié statistiek te koppel aan morele verval en misdaad. Christenskap impliseer dat jy niks vir seker WEET nie, en dus net GLO. Dis myns insiens niks om op trots te wees nie. Ook nie op die feit dat Christenskap moraliteit gekaap het nie. Dink daaroor.

My vraag in verband met die NSFAF-hulpfonds” Studente wat nie op kampus woon nie kry N$4 000 teen Vrydag. Die res moet voor 25 September kontrakte teken. Wat van studente wat ‘n beurs gekry het by NSFAF? Waar klop ons aan om te hoor of dit wel nog ‘n beurs is vir die “kontrak teken” of nie? EN is beurs-studente wat nie op kampus woon nie ook geregtig op die N$4 000? Dankie, Ma van ‘n student, Otjiwarongo

Ek het die helfte van N$200 noot nr. 91360473 opgetel, op soek na ander helfte. – 081 359 9694

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer